
VERRIGTINGE VAN DIE WES-KAAPSE PROVINSIALE PARLEMENT


Die Huis kom om 14:19 byeen.

Die Speaker neem die Stoel in en lees die Gebed.

HORSKOOL UXOLO VELDWEDLOOPSPAN

(Voorstel)

*Mnr M L FRANSMAN: Mnr die Voorsitter, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis Horskool Uxolo gelukwens met die prestasie om 'n span op te lewer wat die Wes-Kaap in die internasionale veldwedloopkompetisie in Marokko sal verteenwoordig en wens hulle alles sukses in Marokko toe.

Goedgekeur.

KREEFRAMP IN ELANDSBAAI

(Voorstel)

Me A ROSSOUW: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis sy dank uitspreek teenoor die amptenare van Mariene- en Kusbeheer, sowel as die betrokke SAPD- en Vlooteenhede, vir hul tydige optrede deur betyds 'n potensile kreeframp in Elandsbaai te evalueer en die nodige voorsorgmaatrels te tref.

Goedgekeur.

HUIS IN KOMITEE: 

Die Voorsitter van Komitees neem die Stoel in.

WES-KAAPSE BEGROTINGSWETSONTWERP, 2000

	(Komiteestadium hervat)

Begrotingspos 4 - Gemeenskapsveiligheid

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Me die Voorsitter, ek wil graag die senior bevelstruktuur van die SAPD in die Wes-Kaap, komme Max, Crafford en Holtzmann en dir Kleyn, daar bo in die galery verwelkom.

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Die MINISTER: Me die Voorsitter, dit is algemeen bekend dat die Regering homself verbind het tot 'n ambisieuse maatskaplike ontwikkelingsplan, wat gesondheidsorg, onderwys, huise en werk insluit, alles omvat in die wreld se mees vrye wil gerigte grondwet en ondersteun deur 'n magdom uiters beskermende wette. Daardie agb lede wat sukkel om te luister na wat ek te s het, het afskrifte van my Begrotingsrede voor hulle.

Me die Voorsitter, in baie opsigte is ons egter besig om vinnig agteruit te gaan, met misdaad wat dikwels die enigste groeipunt in 'n omgewing van werkverlies is. Groei is die belangrikste katalisator om werk te skep. Een van die Regering se drie vennote, Cosatu, het reeds ges dat die land se ho misdaadvlak toe te skryf is aan die ho werkloosheidsyfer.

*Mnr C M DUGMORE: Is dit waarom u Popcru uitkry?

*Die MINISTER: Zwelinzima Vavi - dit mag vir agb lede interessant wees - wat die Sekretaris-generaal van Cosatu is, ...

*Mnr C M DUGMORE: Waarom lewer maak u nie ... [Onhoorbaar.] ... toespraak nie? Lewer 'n behoorlike toespraak!

*Die MINISTER: ... het 'n beroep gedoen vir onmiddellike maatrels en 'n nasionale debat om aandag te gee aan wat hy as die bedreiging van 'n tikkende tydbom van werkloosheid en die vooruitsigte van maatskaplike onstabiliteit beskryf het.

*Mnr C M DUGMORE: Jy het nie geleer nie, Mark!

*Die MINISTER: Die Andrew Levy-verslag vir 1999-2000 wat net onlangs vrygestel is, het bevestig dat 1 miljoen werkgeleenthede, en nie 500 000 soos voorheen beraam nie, in die formele sektor verlore gegaan het. Die verslag het ook ges dat werkskepping en oorhoofse indiensneming geraak sou word deur die ekonomiese groeikoers en arbeidswetgewing. 'n Groeikoers van 3,5%, wat die nasionale Minister van Finansies vir hierdie jaar in die vooruitsig gestel het, sal slegs 75 000 werkgeleenthede skep.

Terselfdertyd lok Afrika slegs 3% van die wreld se beleggings Die vraag is: sal ons liberale Grondwet en demokratiese waardes 'n verskil in die lokking van beleggers maak? Om eerlik te wees, ek is nie so seker dat dit die geval sal wees nie. Buitelandse beleggers wil stabiele regerings en veiligheid vir hulself h in die omgewings waar hulle bel. Hulle is nie te besorg oor die verfyndhede nie. Dit is moontlik waarom kommunistiese China, wat nie bekend staan vir sy menseregte geskiedenis nie, die vinnigste groeiende ekonomie in die wreld het.

Ten tyde van die politieke oorgang in 1994 het Harry Oppenheimer in die openbaar ges, en ek haal aan:

	If we're going to have peace, we need prosperity.
	If we're going to have prosperity, we need order.

Hierdie vrede waarna ek verwys, kan gelykgestel word aan sowel die politieke vrede waarvoor ons almal gehoop en gebid het, as 'n misdaadvrye vrede, soos beoog in ons Grondwet. Die waarheid van mnr Oppenheimer se stelling is dat al hierdie faktore van mekaar afhanklik is. Orde sal voorspoed teweegbring en voorspoed sal vrede en/of verlaagde misdaadvlakke in die hand werk. Dit is weer 'n geval van die hoender en die eier. Watter een sal ons eerste bewerkstellig? En beskik ons oor die wil om oorlog te verklaar teen die een ten einde vrede en voorspoed te bewerkstellig?

In 'n tyd soos di moet ons stilstaan en evalueer waar ons in die stryd staan en of ons daarin slaag om ons doel te bereik of nie. Ons moet in die verband ook die provinsiale perspektief in die nasionale konteks plaas. Daar moet bepaal word of die drie regeringsfere mekaar aanvul en ondersteun in die gemeenskaplike stryd teen die euwel van misdaad.

*In hierdie verband en na sy inhuldiging in Junie 1999 het President Mbeki, toe hy die Parlement geopen het, baie tyd bestee aan die grootste enkele bedreiging vir 'n vrye Suid-Afrika - misdaad. Hy het spesifieke ondernemings gegee en eise gestel en stappe aanbeveel - en ek kan s, oor 'n lang tydperk - om 'n einde te maak aan wat hulle self toegee 'n verswakkende situasie en 'n strafregstelsel is wat besig is om in duie te stort. Kortom, hy het oorlog teen misdaad verklaar.

Vir daardie agb lede wat nie seker is daarvan nie, dit is 'n ernstige saak om oorlog toe te gaan. Lande verklaar nie oorlog ligtelik nie, want om te wen het hulle algehele toewyding deur sowel die staat as sy ekonomie en die mense nodig. Vir die inligting van die agb lid mnr Dugmore, algehele toewyding sluit ook politieke toewyding in.

Oorlog is 'n duur oefening. 'n Verstandige leier wat sy land tot oorlog verbind, sal sy generaals bymekaar maak en aan hulle vra wat hulle nodig het om die oorlog te wen. Dan roep hy sy Kabinet byeen en lig hulle in oor wat nodig is en gee aan hulle opdrag om dit te laat gebeur. Die vraag is of daar 'n oorlogsplan is en of 'n opdrag uitgestuur is om dit te laat werk.

Toe die President 'n gulde geleentheid gebied is om hierdie uiters belangrike onderwerp slegs ses maande later op te volg, weer eens tydens die opening van die Parlement, het hy 'n karige paar sinnetjies aan die onderwerp gewy en die saak aan sy lynfunksieministers oorhandig vir latere bespreking. Die volgende lynfunksieminister was die nasionale Minister van Finansies. Nou, na sy Begrotingsrede, is dit algemeen bekend dat dit nie 'n strategie vir oorlog teen misdaad was nie, maar eerder 'n verdere vermindering van die reeds oorlaaide polisie-hulpbronne.

Soos in die vorige boekjaar, toe die Polisie-begroting in rele terme met 2% gekrimp het, is daar in vanjaar se Begroting 'n toename van 8,1%, wat in wese 'n negatiewe groei is in die lig van die ernstige agterstand wat ingehaal moet word. Die sogenaamde bonanza van R1,1 miljard wat oor twee jaar versprei word, krimp tot iets onbenulligs in vergelyking met die oorhoofse jaarlikse begroting van R14,5 miljard. Die uitwerking word verder weggevreet as 'n mens in gedagte hou dat dit ook die verbetering van diensvoorwaardes (VDV) insluit, asook duur moderne vingerafdruk- en ander inligtingstegnologiestelsels.

Voor 1999 het die totale polisiediensstaat van die RSA en TBVC-state meer as 200 000 beamptes behels. Vandag, vir dieselfde geografiese gebied met 'n veel groter bevolking, het ons sowat 127 000 polisiebeamptes, en hierdie syfer krimp daagliks in ooreenstemming met die uiteindelik "beplande totaal" van 120 000 tot 122 000 beamptes. Niemand kan aan my s hoe by hierdie totaal uitgekom is, op watter model dit gegrond was of waar die model in die praktyk gebruik word nie.

Wat 'n bekende feit is, is dat die RSA volgens internasionale standaarde heeltemal ondergepolisieer word, 'n stygende misdaadkoers van 4% het, die hoogste syfer vir geweldsmisdaad in die ontwikkelde of ontwikkelende wreld het en dat meer beamptes hier aan diens en na diens doodgemaak word as in enige ander sogenaamde stabiele land ter wreld.

Gekoppel hieraan is die vinnig kwynende Weermag-sterkte. Oor die volgende paar maande sal infanterie-gevegseenhede, wat dikwels ter ondersteuning van die SAPD gebruik word, van 22 tot 12 kompanjies verminder word. Boonop l streeks- en substreeksverpligtinge en wag. Die Mosambiek-ramp is maar een van die verpligtinge wat ons moet nakom.

Daar kan ook nie in enige mate op die deeltydse magkomponent staatgemaak word nie, vanwe gebrek aan fondse, die afwesigheid van 'n nasionale diensvoederstelsel, 'n gebrek aan behoorlike opleiding op alle vlakke en die verbrokkeling van baie van die tradisionele eenhede en formasies.

Tydens 'n onlangse beplanningseminaar het komm Selebi aangedui dat hy vanjaar 2 500 polisiebeamptes wou werf. Ek het hom daarop gewys dat die SAPD deur natuurlike afnames vanjaar alleen met 8 000 beamptes sou krimp, wat in wese beteken dat die "beplande totaal" binne 'n paar maande bereik sou word, sonder enige voorsiening vir stabilisasie, groei of vernuwing. Sy antwoord was om 'n paar eenmalige stappe soos kantoorpersoneelverminderings, laer afwesigheidskoerse en minder beskerming vir BBPs voor te stel. Meyer Kahn het presies dieselfde voorgestel, maar hy het in gebreke gebly om dit in werking te stel. Die vraag wat 'n mens moet vra, is: waarom? Die antwoord is dat 'n mens nie 'n siek persoon gesond kan maak deur sy eie besmette bloed te hersirkuleer nie.

Hoe raak dit alles die Wes-Kaap? Die kumulatiewe deurdra-effek is dat ons nou 1500 beamptes minder het as wat ons in 1994 gehad het, wat 45% minder is as die verskaffing van die ideale sterkte. Hierdie neiging staan ook in skrille kontras met die nasionale misdaadvoorkomingstrategie, wat met soveel moeite tydens die termyn van hierdie nuwe Parlement deur 'n bevolking met goeie bedoelings deur slypskole geneem is, en wat die klem plaas op gemeenskapspolisiring as 'n minimum vereiste vir 'n polisiediens wat die openbare vertroue sal geniet.

As gevolg van hierdie krisis is beroepe om 'n "zero verdraagsaamheid" benadering toenemend gemaak - deur die publiek sowel as politici, saam met 'n sorgwekkende getal voorvalle van brutale gemeenskapsgeregtigheid wat aangemeld word. Die mense se interpretasie is dat hulle nie in hul gemeenskap veilig is nie.

Stakings deur hofamptenare, gereelde ontsnappings uit aanhouding, toenemende afwesigheid en pligsversuim is besig om algemeen in die strafregsfeer te word. Die stelsel gaan gebuk onder gevorderde stresuitputting, soos ook 'n toenemende getal SAPD-lede. Daar is reeds in die Wes-Kaap 21 polisiekantore wat nie 'n 24-uur diens verskaf nie, vanwe 'n tekort aan mannekrag. Daar word erken dat baie meer sal moet sluit as die meer as 3 700 reserviste en 400 privaat geborgde "Rent-a-Cops" om die een of ander rede onttrek sou word.

Die huidige personeelsterkte in die Wes-Kaap is laer as die goedgekeurde diensstaat vir die provinsie, wat aantoon dat ons in totaal net minder as 15 000 poste moet h. Hierdie onmiddellike tekort in personeel van 3 067 lede tot by die huidige 12 000 poste is egter misleidend, want die ideale personeelsterkte vir die Wes-Kaap word vir die jaar 2000 op 21 723 beraam. Dit beteken in wese dat ons 10 000 personeellede minder het as die ideale sterkte. Die Wes-Kaapse Polisiediens word derhalwe met 20,45% onderbeman, gegrond op die vasgestelde diensstaat, en met 45,08%, gegrond op die ideale personeelsterkte vir die einde van 1999.

Agb lede moet 1 789 burgerlike werknemers by die totaal van 10 141 funksioneel opgeleide polisiebeamptes in die Wes-Kaap tel, wat ons net minder as 12 000 werknemers gee. Van daardie 10 141 funksioneel opgeleide polisiebeamptes word 1 598 beamptes in die verskillende personeelfunksies aangewend, byvoorbeeld, die stasiekommissaris of finansile dienste, menslike hulpbronbestuur en logistieke dienste.

Die oorblywende 8 543 lede is almal in 'n mindere of meerdere mate, afhangende van die bestuurskader, by klassieke polisiringspligte betrokke. Ingevolge 'n vaste ooreenkoms kan die 1 598 funksioneel opgeleide polisiebeamptes wat vir personeelfunksies aangewend word, in krisistye opgeroep word vir aktiewe funksionele diens. Dit beteken in wese dat kantoorbestuur in daardie tye oorboord gegooi word.

Volgens beskikbare sensusdata wat, soos ons almal weet, heeltemal verkeerd is, woon daar net meer as 4 miljoen mense in die Wes-Kaap, wat neerkom op een funksioneel opgeleide polisiebeampte vir elke 403 lede van die gemeenskap. Met ander woorde, 2,48 beamptes per 1 000 eenhede van die bevolking. Agb lede sal onthou dat ek reeds by verskeie geleenthede ges het dat die Europese standaard 3,6 beamptes in uniform per 1 000 eenhede van die bevolking is.

Baie belangrike faktor om in gedagte te hou is die uitwerking van afwesigheid. Tans staan die afwesigheidpersentasie vir die Wes-Kaapse Polisiediens op 9%, wat omtrent die helfte van die nasionale gemiddelde is. Dit beteken dat die persentasie van beamptes aan diens wat om die een of ander rede afwesig is, altyd 9% van die ideale sterkte sal wees. Met dit in gedagte word die verwagte personeeltekort vir die begin van jaar 2001 bereken op 'n skokkende 54,87% onder wat dit behoort te wees. Dit beteken in wese dat hulle tegnies slegs op 50% van die oproepe wat hulle ontvang, kan reageer.

Dit, me die Voorsitter, maak 'n bespotting van die skamele 2,85% verhoging - in rele terme - wat onlangs in die nasionale begroting vir die polisie aangekondig is. Daar is duidelik geen ruimte vir beweging om die werwings- en opleidingsvlakke te verhoog wat nodig is om die kapasiteit van die polisie op enige vlak te verbeter nie.

Ons het nou met die absurde situasie te kampe waar reserviste toenemend ingebring word om die werk van beroepslui te doen, terwyl beroepslui toegelaat word om na diensure private werk te doen om hul inkomste aan te vul, wat hulle in die diens laat aanbly.

Waarom hou ek hierdie terneerdrukkende prentjie voor, en is daar hoop vir die toekoms? Ten eerste, sonder om te weet hoe die brer opset lyk, kan 'n mens nie vooruitbeplan vir die toekoms nie. Ons moes in hierdie verband vir die leiding van die nasionale Regering wag voordat ons self kon beplan. Nou dat ons weet hoe swak die SAPD in die komende jare ondersteun gaan word, het ons 'n duideliker beeld van waar ons staan.

Ten tweede, in die lig van party van die regstellende maatrels wat ons reeds getref het, en tesame met my vertroue in die kaliber van die polisie in die Wes-Kaap, is ek daarvan oortuig dat ons kan en sal slaag. Hoewel, ek moet s, dit oor 'n langer tydperk sal strek as wat 'n mens sou wou h en met 'n groot verlies aan lewe en eiendom in die proses.

Ten spyte van die uiters moeilike omstandighede waaronder hulle werk, het komm Max en sy personeel diens van die hoogste kaliber gelewer. Ons is ons dank en bewondering aan hulle verskuldig. Natuurlik is daar probleemareas, maar ek was persoonlik baie trots daarop om met hulle geassosieer te word oor die 18 maande wat ek hierdie pos beklee.

Graag wil ek hulde bring aan adj-komm Dirk Crafford, wat binnekort gaan uittree na 'n lang en toegewyde loopbaan. Soos hy altyd vir ander goeie offisiere s, s ek nou vir hom: "Met jou aan my sy, sal ek enige tyd oorlog toe gaan."

Mnr A ISMAIL: Hoor, hoor!

Die MINISTER: Ons gaan hom mis, maar wens hom alles van die beste toe in sy komende welverdiende rus.

Dit is ironies dat die onlangse en toekomstige operasionele optrede van die SAPD landwyd, naamlik gesamentlike operasies, lankal in di provinsie bedryf word onder die bekwame bevel van Dirk Crafford. Komm Max het di manier van doen nou verder uitgebou, soos bewys met die onlangse, uiters geslaagde Operasie Maksimum. Daar was 1 603 arrestasies, onder andere 40 vir moord en 39 vir verkragting en 176 vir aanranding.

*Die huidige rustigheid ten opsigte van stedelike terreur in hierdie provinsie kan in geen geringe mate nie toegeskryf word aan komm Crafford en sy operasionele span. Dit was knap gedaan - en ek bedank hulle almal. Komm Crafford was die opperbevelvoerder van operasies in die Wes-Kaap, waarvan Operasie Goeie Hoop een is.

Ons moet egter sorg dra om te begryp dat die suksesvolle gesamentlike operasies intelligensiegedrewe operasies is. Intelligensie is verfynde inligting. Inligting word van die publiek op straatvlak verkry. Die primre insamelaars van hierdie inligting is beamptes wat op kantoorvlak in diens is, spesifiek patrolliebeamptes. Die publiek sal slegs vrywillig inligting verskaf aan beamptes wat hulle ken en vertrou.

Verskeie operasies is vanwe hul baie indringende, soms aggressiewe en altyd vlugtige aard nie bevorderlik vir die insameling van onderliggende inligting nie. Die rol en belangrikheid van gemeenskapspolisiring moet daarom nooit onderskat word ten opsigte van die versekering van suksesvolle operasies nie. Ongelukkig stroop die huidige tekorte en strategie ons kapasiteit vir doeltreffende gemeenskapspolisiring, en nou nog meer. Hoeveel agb lede ken die naam van een patrolliebeampte in hul woongebied?

Die vraag is watter rol hierdie Provinsiale Regering gaan speel ter ondersteuning van hierdie pogings. In rele terme het die bedryfsbegroting van die Departement van Gemeenskapsveiligheid met 44% toegeneem. Dit is moontlik gemaak deur die R5 miljoen uit die casinobodtoewysing - wat oorgedra is na die 2000-01-boekjaar omdat dit so laat teen die einde van 1999 ontvang is - en ander fondse wat uit ander projekte en programme geherprioritiseer is om die toenemende polisie krisis tee te werk.

Die werk van die Departement van Gemeenskapsveiligheid word op twee baie duidelike terreine gelewer. Die eerste, waarmee die meeste mense vertroud is, is die funksie van burgerlike toesighouding oor die SAPD. Dit is 'n grondwetlike verpligting waarkragtens die departement 'n moniterende rol vervul ten opsigte van die uitvoering van polisiring en algemene doeltreffendheid en doelmatigheid van die polisie. Hierdie grondwetlike verpligting sal tydens die boekjaar op verskeie wyses nagekom word.

Dit is ironies dat die rol van burgerlike toesig tans op nasionale vlak afgradeer word met die sekretariaat wat van die Minister se Kantoor verskuif word en onder die Adjunkminister ressorteer.

Die tweede veld is di van sosiale misdaadvoorkoming. Dit is die veld wat sekerlik die grootste potensiaal bied om positief op misdaadvlakke in te werk. Dit word algemeen aanvaar dat die stryd teen misdaad nie geslaagd sal wees as slegs wette toegepas word nie. Die morele onderbou van die gemeenskap is in so 'n mate uitgerafel dat 'n mens aan die oorsake van misdaad moet aandag gee terwyl jy die wet toepas. Dit word ondersteun deur die feit dat die President ook onlangs verwys het na 'n groter klem wat op die voorkoming van maatskaplike misdaad geplaas word.

Me die Voorsitter, geld wat aan die voorkoming van maatskaplike misdaad bestee word, is 'n gesonde belegging in die toekoms. Om die waarheid te s, dit maak ekonomies sin. Suksesvolle maatskaplike misdaadvoorkoming sal lei tot minder kriminele bedrywighede met uiteindelike besparings in die hele strafregstelsel, sowel as ander ondersteunende hoedanighede. Boonop sal minder misdaad minder beserings beteken en ook tot uiteindelike besparings in die Departemente van Gesondheid en van Maatskaplike Dienste lei.

Toe die Kabinet sy 100-dae plan aangekondig het, het die Departement van Gemeenskapsveiligheid sy werk in drie bre kategorie ingedeel: die mobilisering van die gemeenskap, die herbewapening van die gemeenskap en prestasie-oudits.

Die mobilisering van die gemeenskap is belangrik omdat die mense van die Wes-Kaap reeds hul groot vermo vertoon het om betrokke te raak, byvoorbeeld by sowel die Manenberg-tornadoramp as die onlangse bergbrande. Ons moet daardie spesifieke slapende reus wakker maak om op 'n meer gereelde grondslag betrokke te raak en nie net wanneer 'n krisis ontstaan nie. Die omvang van daardie reus kan bepaal word as 'n mens die feit in gedagte hou dat daar 20 buurtwaglede vir elke polisiebeampte in die Mitchells Plain-omgewing is.

Verskeie programme is saam met die SAPD onder die vaandel van die AAA-projek bedryf, wat in wese die Roei Misdaad Uit-veldtog vervang het. Die AAA-projek het in die loop van verlede jaar verstommende resultate bereik ten opsigte van gemeenskapsbetrokkenheid.

Ek wil 'n paar van hierdie programme noem. Die eerste aspek is die mishandeling van bejaardes. Die bejaardes self is aangemoedig om optogte teen mishandeling in hul dorpe te hou. Slypskole is gehou om die bejaardes te leer om hulself veilig en beskut te hou. Selfverdedigingslypskole vir bejaardes is aangebied en programme vir slagofferbemagtiging is bedryf.
Die alkoholmisbruik-aspek van die AAA-strategie was uiters suksesvol. Ons het gebruik gemaak van kleiner bewusmakingsmetodes, soos sleutelringe, waarvan elke agb lid een in sy of haar ler het en waarop daar 'n "wys 'n bestuurder aan" etiket is.

Ander operasies was die bewusmakingsprogramme deur middel van advertensies op groot skerms in winkelsentrums, en radiopraatjies met panele kundiges. Ek wil graag hier na ons alkoholmisbruikspitsberaad verwys, wat so goed bygewoon is deur mense van regoor die land. Verdere operasies het nuusbriewe ingesluit met artikels oor alkoholmisbruik, asook asemontledingsoperasies wat baie geslaagd was vir mense wat gedink het dat hulle nog nugter was, maar nie was nie.

Me die Voorsitter, aspekte rakende mishandelde groepe het die volgende ingesluit: selfverdedigingsklasse is saam met slagofferbemagtigingsprogramme aangebied; lesings is aangebied deur mense wat op die een of ander wyse mishandel is, en Alison, van Port Elizabeth, het op twee opeenvolgende aande meer as 2 000 mense getrek en die vermo gehad om selfs meer te lok. Dit was in samewerking met my departement deur die Bellville Gemeenskapspolisiringsforum gerel en die departement het daarvoor betaal.

Dit was 'n werklik merkwaardige reeks aande, en die werklike brutaliteit van verkragting en mishandeling wat daardie individu deurgemaak het, is by almal tuisgebring. My departement het ook 'n sleutelrol vervul deur, vanwe die ooreenkomste in die misdaad wat gepleeg is, 'n besoek deur Alison te rel aan die moeder van Valencia Farmer, wat verlede jaar so gewelddadig verkrag en vermoor is. Alison het die skool besoek wat Valencia bygewoon het en meer as 700 leerlinge daar toegespreek.

Me die Voorsitter, in alle programme wat bedryf is, is die mense van die Wes-Kaap aangemoedig om proaktief te wees met betrekking tot hul eie veiligheid en hulself en die gemeenskap verantwoordelik te maak vir oplossings vir die gevalle van mishandeling wat in hul midde voorkom.

Die gemeenskappe is ook aangemoedig om die polisie by te staan op watter wyse hulle ook al kan. Dit was veral waar ten opsigte van die mishandelde groepe aspek, want die Wet op Gesinsgeweld verplig die polisie nou om te help, waar hulle voorheen nie verplig was nie.

Me die Voorsitter, ons is steeds op koers met ons doelwit om teen die einde van 2001 'n traumafasiliteit en ondersteunende personeel by elke polisiekantoor te h. Omdat ons as 'n regering 'n verantwoordelikheid het, is dit nie goed genoeg dat ons bloot die gemeenskap mobiliseer nie. Ons moet hulle deur opleiding en kordinering bemagtig.

Op hierdie terrein het ons een van die mees opwindende en dapper inisiatiewe, genaamd Projek Chrysalis, wat oorweldigende steun van almal ontvang, en ek sal binnekort na daardie projek verwys. 

Die derde kategorie van prestasie-oudits het met burgerlike toesig te doen. Die departement het sowel die kwartaallikse moniteringsvoorligting as die ter plaatse inspeksiemodelle ontwikkel om hierdie funksie te verrig. Al hierdie aspekte sal daartoe bydra om die strategiese oogmerke van die departement te verwesenlik, wat die volgende is:

* Om 'n beter verhouding tussen die polisie en die mense van die provinsies te bou deur middel van samewerking met die Gemeenskapspolisiringsforums en ander instellings van die burgerlike gemeenskap.

* Om navorsing te doen oor die diensvlakke by spesifieke polisiekantore deur, onder meer, metodes soos 'n ontleding van die 10111-nommers, sowel as ons 24-uur klagtenommer wat in die departement gesetel is.

* Om 'n spesifieke verbetering teweeg te bring om beter dienslewering te verseker, gegrond op die resultate van hierdie studies.

* Kwartaallikse diensverslag.

* Om misdaadvoorkomingsinisiatiewe ter ondersteuning van die Nasionale Misdaadvoorkomingstrategie te identifiseer en in werking te stel.

* Om finansile en ander ondersteuning aan die Gemeenskapspatrolliebeampteskema te verskaf, asook aan die "Stop Terreur Nou"-nommer wat ons ingestel het en wat 'n tolvryenommer ten opsigte van stedelike terreur is.

Me die Voorsitter, soos ek vroer ges het, is die twee belangrikste pilare waarop ons sal konsentreer om hierdie oogmerke te bereik, spesifiek opleiding en kordinasie.

Wat opleiding betref, wil ek kortliks iets oor die Chrysalis-projek s. Die loodsprogram sal in die 2000-01-boekjaar gefinansier word uit fondse wat verkry is uit die toekenning van die dobbellisensie en wat van hierdie boekjaar oorgerol sal word. Hierdie projek is daarop gemik om jong volwassenes as bates vir die gemeenskap te ontwikkel en aan hulle geleenthede te bied om positiewe rolmodelle te wees.

Die algemene konsep is om jong volwassenes van 'n intensiewe persoonlike groei-ervaring te voorsien. Kursusse wat sowel fisies as sielkundig veeleisend is, sal vir hulle aangebied word met die verwagting dat hulle op hul beurt sleutelagente vir verandering in hul gemeenskappe sal word.

Die kursusse sal drie maande lank duur; die innames sal 100 sterk wees en daar sal van die jaar 2001 10 kursusse per jaar wees, met die eerste drie wat hierdie jaar is en as loodsprojekte sal dien.

Die vier fases van die kursus sal basiese opleiding en orintering wees, leierskapopleiding in 'n wildernisomgewing, vaardigheidsopleiding en gemeenskapswerk en vrywillige werk.

Me die Voorsitter, dit is dus 'n ingryping wat proaktief is, en gemik is op langtermynvoordele om 'n leer- en persoonlike groeigeleentheid aan jong Suid-Afrikaners te bied, wat andersins nooit daardie geleentheid sal h nie.

Ek wil graag alle lede van die Huis bedank vir hul vroe vertroue in hierdie projek en ek hoop dat hulle nie teleurgesteld sal wees met die uitslag nie.

Me die Voorsitter, 'n belangrike element van die departement se strategie met betrekking tot Gemeenskapspolisiringsforums se administrasie, is om kapasiteit te bou en die funksionering van GPFs in die provinsie behoorlik te administreer. Met hierdie doel voor o, het die Provinsie twee prosesse ingestel; ten eerste, die opleiding van GPFs in die provinsie in behoorlike boekhouding en doeltreffende vergaderingsprosedures. Ten tweede het die departement begin met 'n proses om 'n gestandaardiseerde provinsiale Grondwet op te stel wat op alle GPFs in die provinsie van toepassing is. Hierdie projek sal GPFs nog meer verenig en ons toelaat om eenvormige rels op alle GPFs in die provinsie toe te pas en baie van die verswakkende tussengevegte wat aan die gang is, uit te wis.

Ek wil hulle almal bedank vir hul moeite, en meer spesifiek die area-rade vir hul kordinasie. Ek wil spesifiek graag melding maak van mnr Chris du Plessis vir sy hantering van die Feesgetyrekeninge en sowel mnr Justin Lottering - wat tans op die galery is - en mnr Engelbrecht gelukwens met hul onderskeie aanstellings as voorsitter en ondervoorsitter van die provinsiale raad.

Me die Voorsitter, ek wil graag iets s oor die opleiding van buurtwagte. Na die aanvaarding van 'n Gedragskode en Grondwet is 'n formele ondertekeningseremonie tussen die partye gehou wat daardeur geraak word, naamlik die buurtwagprojekte, gemeenskapspolisiringsforums, die polisie en die Departement van Gemeenskapsveiligheid. Dit sal nou in werking gestel word met intensiewe opleidingskursusse deur die jaar. Twee honderd kordineerders sal in die loop van hierdie boekjaar opgelei word in 'n verskeidenheid onderwerpe teen 'n koste van bykans R500 000.

Me die Voorsitter, ons is almal deeglik bewus van die Gemeenskapspatrolliebeampteskema. Daar is herhaaldelik bewys dat sigbare polisiring die mees doeltreffende misdaadvoorkomingsinstrument is, en daarom sal die departement voortgaan om die GPB-skema te ondersteun. Tot dusver is 300 GPBs teen 'n koste van R750 000 opgelei. 'n Verdere R1 miljoen is vir hierdie jaar opsy gesit. Misdaad het gemiddeld met 29% afgeneem waar hulle ontplooi is.

Die departement borg die salarisse van 20 GPBs vir 'n tydperk van ses maande teen 'n totale koste van R404 000 om spesifiek as toeristepatrolliebeamptes op te tree.

Me die Voorsitter, in die hersiening van die projek het ek besluit om 'n paar veranderings aan te bring aan die opleidingsprogram om beter beamptes te kweek en wat ook sal help om die mannekragkrisis in die polisie te verlig.

Ten eerste sal opleiding van ses weke verleng word tot agt weke en sal dit 'n week se indiensopleiding insluit, wat gevolg word deur 'n week van gevorderde opleiding wat geskik is vir straatpatrollies.

Ten tweede sal opleiding vanaf Junie van die Paarl oorgedra word - waar ons tans die opleidingsmodules aanbied - na die Oudtshoorn Opleidingsterrein waar geriewe meer geskik is vir basiese opleiding.

Mnr J P GELDERBLOM: Hoor, hoor!

Die MINISTER: Groepe van 200 sal opgelei word, in teenstelling met die huidige groepe van 50.

Ten derde sal minimum toelatingsvereistes en slaagstandaarde ook wesenlik verhoog word. Matriek, fisiese fiksheid en minimum lengtevereistes sal voorvereistes wees vir toelating tot hierdie kursusse.

Me die Voorsitter, ek wil graag die Huis meedeel dat die laaste advertensie vir 50 plekke 1 000 aansoeke vir die kursus gelok het.

Me die Voorsitter, ek wil vervolgens die kordinerende strategie bespreek. Die eerste is die Multi-agentskapsleweringsmeganisme, die sogenaamde MADAM-struktuur. Die bestuurskomitee van die Multi Agency Delivery Action Mechanism ... 

'n AGB LID: S dit weer?

Die MINISTER: ... - nee, dit is te lank in Afrikaans - vergader steeds maandeliks om terugvoering te ontvang rakende misdaadvoorkomingsprojekte wat geloods is, sowel as om rigting en leiding aan nuwe projekte te verleen.

Sake wat tans aandag geniet, is die Straatkindprogram; Plekke van Veiligheid vir Jeugdiges; sosio-ekonomiese gevolge van MIV/Vigs en TB in die Provinsie Wes-Kaap; die onlangse brande in die Wes-Kaap en die terugvoer van die taakgroep wat deur die Kabinet aangestel is; die stroping van marienebronne en die invloed van Operasie Neptunus in die Overberg - die operasie wat die Sentrale Regering ongelukkig afgeskaf het; en die stedelike heropboustrategie, en die fokus op die Manenberg- en die Mitchells Plain-areas. Verder word dit van elke lid van die Bestuurskomitee verwag om ten minste twee projekte wat van multi-agentskapsamewerking afhanklik is, te inisieer en te lei.

Me die Voorsitter, die terugvoer en vordering rakende sodanige projekte word verskaf, wat dan deur die meganisme gekordineer word. Die prioriteite van die MADAM-struktuur is die volgende: oor die kort termyn word 'n operasionele sentrum ingerig; oor die medium termyn is daar die Straatkindprogram; en die langtermynprioriteit is Projek Metamorfose, met die Manenberg- en Mitchells Plain-projekte as loodsprogramme.

*Me die Voorsitter, ek wil graag na 'n paar ander kordinerende forums verwys wat tans deur die departement bedryf word. Die departement het 'n multiagentskapsbenadering aanvaar as die sleutel tot die suksesvolle plaaslike misdaadvoorkomingsoperasies.

Plaaslike misdaadvoorkomingskordineringsforums, of plaaslike MADAMs is gestig. Die Kaapstadse Middestadforum het die verantwoordelikheid aanvaar om die uitdagings van veiligheid in die sentrale sakegebied te pak. Alle belangrike rolspelers neem aan die forum deel en gee aandag aan sake soos straatkinders en haweloses, en die kordinering van millenniumaktiwiteite het ook aandag geniet.

Me die Voorsitter, die Manenbergse MADAM-forum is onlangs gestig en is nou op nasionale vlak aanvaar. Dit het duidelik 'n positiewe uitwerking gehad met die aanstelling van beamptes om aandag te gee aan die stokkiesdraaiprobleme in skole. Ons is dankbaar dat dit uiteindelik deur die nasionale Sekretariaat befonds is.

Die ho vlak van bendeverwante geweld in die Manenberg-omgewing kan toegeskryf word aan die feit dat die oorgrote meerderheid van volwassenes en jeugdiges, met inbegrip van di van skoolgaande ouderdom, ledig by die huis sit. Hierdie toedrag van sake het gelei tot 'n toename in die betrokkenheid van jeugdiges by bendebedrywighede en ander misdadige aktiwiteite.

Stokkiesdraai in die gebied is die gevolg van verskeie faktore, wat die onvermo insluit van ouers om hul kinders te verplig om skool by te woon en aan ouers wat in gebreke bly om voldoende belangstelling in die kind se opvoeding te toon.

Die projek is daarop gemik om ouers meer bewus te maak van hul wetlike verpligting om hul kinders se skoolbywoning te moniteer, rekord te hou van die jeugdiges wat nie skool bywoon nie en die nodige hulpbronne te verskaf om families en opvoeders te help om sake onderliggend aan die stokkiesdraaiprobleem te hanteer.

Op hierdie punt wil ek graag die Departement van Onderwys bedank, en meer spesifiek die kordineerder van die Veiliger Skole Veldtog, vir hul groot bereidwilligheid om te verseker dat hierdie gekordineerde strategie 'n sukses word.

Me die Voorsitter, provinsiale en plaaslike regeringsdepartemente sal, in samewerking met gemeenskapsgebaseerde inisiatiewe, die verantwoordelikheid aanvaar vir die verskaffing van die nodige noodsaaklike diens en finansiering om 'n mate van normaliteit te bewerkstellig waar gemeenskappe woon.

Die volgende inrigtings of departemente neem aan die Manenberg-projek deel: die Departement van Onderwys, wat stokkiesdraaibeamptes aanstel en kinders van die strate hou; Sakelui Teen Misdaad, wat kameras in die Manenberg-gebied installeer; sportliggame wat sportklinieke aanbied en die skooldag verleng; munisipaliteite wat hul basiese munisipale diensverskaffing verrig - en ek kan s dat ons op die oomblik sukkel, omdat ons met Kaapstad te doen het; die nasionale Sekretariaat, wat help om die skole wapenvry te verklaar en ook party van die projekte finansier; die Suid-Afrikaanse Polisiediens, wat hulle ook toespits op sjebiens, tussen ander bendeverwante bedrywighede; en die welsynsdepartement, wat verseker dat huisbesoeke plaasvind om gesinseenhede te herstel.

Me die Voorsitter, ten slotte wil ek eers graag elke lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die Wes-Kaap bedank vir hul dikwels onopgemerkte en onbesonne uitstaande diens. Meer spesifiek wil ek h dat hierdie Huis erkenning moet gee aan daardie lede wat die hoogste prys betaal het in diens van hul land en provinsie. Tydens 1999 het 11 beamptes in die uitvoering van hul pligte gesterf; 21 is aan natuurlike oorsake dood en 5 het hulself om die lewe gebring. Ons harte gaan uit na hul gesinne.

Ek wil ook die SANW, veral genl Chris van Zyl en sy personeel, bedank vir die uitstekende ondersteuning wat hy deurgaans verskaf het en vir die veldtogte wat nog voorl. Ek wil ook graag die nasionale Sekretariaat bedank vir hul belangstelling en ondersteuning in baie van die projekte waarmee ons besig is. Dit is vir my betekenisvol dat baie van die projekte wat ons uitvoer dan in ander provinsies nageboots word.

Me die Voorsitter, ek wil my dank uitspreek teenoor die munisipaliteite in die provinsie vir die verskeidenheid van ondersteuningsaksies wat hulle onderneem het, van verkeerskonstabels tot strandkonstabels wat bystand gelewer het. Ek wil my opregte dank oordra aan die agb Minister van Vervoer en Werke en die amptenare van die Departement van Vervoer vir hul samewerking in veral die taxigeweld-operasies. Voorts wil ek my opregte dank betuig teenoor die Direkteur-generaal en die lede van die MADAM vir die groot bydrae wat hulle lewer om doeltreffende kordinasie dwarsoor die provinsie te bewerkstellig. Laaste maar nie die minste nie, wil ek my opregte dank en waardering oordra aan die bre publiek vir hul betrokkenheid by 'n verskeidenheid van aktiwiteite, van die gemeenskapspolisiringsforums tot die buurtwagte tot die verstrekking van inligting wat 'n reuse bydrae gelewer het en tot 'n redelike stabiele provinsie bygedra het.

Ongelooflik soos dit mag klink, by die konferensie waar komm Selebi teenwoordig was, het een van die nasionale adjunk-kommissarisse ges dat die Wes-Kaap derde op die lys van misdaad is, en nie, soos hulle statistiek aantoon, die provinsie met die hoogste misdaadsyfer is nie. Hy het ges ons is ver voor met ons pogings. 

Me die Voorsitter, ek wil my personeel opreg bedank vir hulle toegewyde diens. Min mense weet hoe hard hulle werk, maar die feit dat so baie van ons projekte landwyd vir implementering opgeneem word, is erkenning genoeg. Ek s aan hulle baie dankie; hou aan met die goeie werk. [Toejuiging.]

*Mnr N M ISAACS: Me die Voorsitter, ten eerste wil ek graag die agb Minister Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning bedank vir al die moeite wat hy doen. Ek wil hom egter ook inlig hoe SKOF oor gemeenskapsveiligheid gevoel het, en dat SKOF hom ten volle ondersteun. Dit beteken dat hy 'n sekere mate van sukses behaal het.

As 'n mens na die agb Minister se toespraak van vandag kyk en dit vergelyk met die Begrotingsverklaring wat ons ontvang het, sien jy dat hierdie agb Minister binne die perke gebly het van wat van hom gevra is. 'n Mens kan na sy toespraak kyk en die antwoorde daar sien.

Hy het begin met sy sleutelfunksies en strategiese oogmerke, en alles wat daarmee gepaard gaan. Ek wil aan die agb Minister s dat ons waardering het vir die wyse waarop hy dit doen. Dit is jammer dat hy nie oor die mannekrag beskik wat hy moet h nie.

Die enigste aspek wat hy myns insiens uitgelaat het, hou verband met die onlangse bendebedrywighede wat ons in die vorm van pypbomme en ander bedrywighede sien. Daar is nog steeds 'n baie groot presentasie geweld wat plaasvind, en solank ons land so met geweld besmet is, weet ons vir 'n feit dat dit 'n uitwerking op beleggings sal h. Ek is egter van mening dat die agb Minister beslis in beheer is van alles wat hy moet doen.

Een element van die agb Minister waarvan ek hou, is dat hy nie net oorlog teen misdaad verklaar het, soos party ander wat ges het, "Nou het ons oorlog teen misdaad", nie. Dit was die woorde van die agb lid mnr McKenzie. Daardie oorlog het nooit ontstaan nie. [Tussenwerpsels.] Daardie oorlog het nooit ontstaan nie. 'n Mens kan nie elke keer die gemeenskap beloof dat jy oorlog verklaar en dan gebeur daar niks nie. Al wat ek aan die agb Minister wil s, is dat dit 'n feit is dat daar 'n groot verandering en verwikkelinge is deur wat hy daarstel. Die gevolg is dat die departement baie meer uitgebrei het sedert hy dit oorgeneem het. Vandag is dit al op die vlak dat ons die AAA-benadering het, en sekere vorige Ministers het nooit eens daarvan gedroom nie.

*Ek is daarvan bewus dat dit nie in hierdie verband maklik is nie. Verlede nag in Bonteheuwel is 'n man en 'n kind weer doodgeskiet. Ongelukkig gaan ons townships nog altyd gebuk onder die gruwel van vuurwapens. Ek dink aan wat ons hier voor ons het, naamlik die Wetsontwerp op Vuurwapens. Ek wonder net hoe geslaagd dit sal wees. Ek dink nie dat ons baie sukses met die beheer daarvan gaan h nie. Die enigste metode is dat vuurwapens heeltemal verbied moet wees waar mense dit nie kan gebruik nie. Ek het die grootste vrees, want ek weet nie hoe ons dit onder beheer gaan bring nie.

Daar is nog een saak, en ek weet dat ek tot nou toe hieroor gepreek het. Ons het nog 'n probleem in hierdie land. Ons het verskeie wetstoepassingsagentskappe. Ons het verkeerswetstoepassingsagentskappe, ons het plaaslike owerheidswetstoepassingsagentskappe, en dit lyk asof elkeen op sy eie optree. Ek wil vandag 'n pleidooi tot die agb Premier rig. Hy moet aandag gee aan wanneer die tyd sal kom wanneer alle wetstoepassingsagentskappe in die provinsie onder een gesag sal optree.

*Mnr S E BYNEVELDT: Unistad.

Mnr N M ISAACS: Daar is te veel verdelings. Ons kan nie so lank wag totdat ons 'n unistad het nie.

Mnr C M DUGMORE: Julle wou dit nie gehad het nie.

Mnr N M ISAACS: Ons kan nie so lank wag nie. Daar sterf reeds te veel mense. Nou moet ons nog vir die unistad wag, en vir wie weet watter stad nog. Netnou s hulle ons moet wag vir die Nuwe Jerusalem! [Tussenwerpsels.]

Al wat ek s, is dat ek dink dit het tyd geword dat hierdie wetstoepassingsagentskappe bymekaar moet kom en onder een bevel moet wees; nie elkeen met sy eie storie nie - "Die wetstoepassing? Nee, ek het niks daarmee te doen nie; gaan klop daar aan." Die ander een s weer: "Nee, ek is 'n verkeersbeampte. Ek het niks daarmee te doen nie. Roep die polisie." Die polisie s weer: "Nee, ek het niks daarmee te doen nie. Roep die verkeersbeampte." En so hou dit aan. Hulle hou aan om dit op mekaar af te skuif.

Al moet daar dan ook 'n studie geloods word, moet dit onmiddellik aandag kry, sodat ons van 'n kant af 'n sterker mag op die grond kan kry wat die misdaad kan hanteer.

Ons kan nie net in 'n paar mense se o kyk en s, "Dit is julle verantwoordelikheid", nie. Om terug te kom na wat die agb Minister ges het, die verantwoordelikheid om misdaad te beveg, rus nie net op die polisie nie; dit rus ook op ons as Jan Alleman. Dit het nou tyd geword dat ons meer verantwoordelik optree. Ons moet ook ons plekke inneem soos mense wat hul verantwoordelikheid besef.

Mnr R J KING: Nie gaan loop en kreef optel nie.

Mnr N M ISAACS: Nee, los die kreef nou eers.

Ek wil daarom aan die agb Minister s dat ek baie tevrede is en dat ek hom met graagte ondersteun. Ek wens hom sterkte toe vir die pad vorentoe.

Mnr S E BYNEVELDT: Mnr die Voorsitter, die Wes-Kaap is 'n gevaarlike provinsie weens die ho misdaadvlak. Die hoogste vlakke van misdaad kom in die Wes-Kaap voor, gevolg deur Gauteng en KwaZulu-Natal, terwyl die Vrystaat en die Noordelike Provinsie volgens die jongste RGN-meningspeiling die veiligste provinsies is om in te woon.

Is dit my woorde? Nee, dit kom uit die opskrif en die openingsrels van 'n berig in daardie goeie, getroue ou koerant, Die Burger, van 8 Maart 2000. Dit is 'n opskrif en die openingsrels in die tyd en die lewe van die DP- en Nuwe NP-koalisie in die Wes-Kaap. Let op my woordkeuse, "die DP- en Nuwe NP-koalisie in die Wes-Kaap". Was dit nie vir spesiale inisiatiewe soos Operasie Goeie Hoop nie, kan agb lede hulself net indink hoe die prentjie in hierdie provinsie daar sou uitsien.

Me die Voorsitter, u sou opgelet het dat ek die DP voor die Nuwe NP inteken, ongeag die wiskundige uitdrukking aan daardie kant. Dit is nie per ongeluk nie; nee, dit word doelbewus gedoen.

Laat my toe om die feite op te som, en ek wil hierdie feite so respekteer: die agb lid mnr Morkel, de jure die Premier en fisies die bewoner van Leeuwenhof; en die agb lid mnr Bester, de facto die Premier en in beheer van bykans 60% van die Wes-Kaapse Begroting. Die resultaat is dat die Nuwe NP se landwye steun sedert die 1999-verkiesing skerp afgeneem het, terwyl hy in die Wes-Kaap ook heelwat steun aan die DP afgestaan het, en aan die ANC wat nou gemaklik voorloop. Is dit my eie woorde? Nee, weer eens nie. Dit is ook nie propaganda nie. Nee, dit is die openingsrels in 'n ander koerantberig in Die Burger van dieselfde datum, onder die opskrif, "NNP-steun neem af sedert eleksiepeiling". Nou verstaan ek mnr Tony Leon se opmerking van nuwe lewe in 'n dooie perd inblaas. Ons weet mos nou wie is die "dooie perd" en wie is die "perd" wat blykbaar fris en gesond is. Die een "perd" vrek; die ander "perd" teer op hom en laat hom vrek.

Me die Voorsitter, die Nuwe NP en veral die DP het geweldige passie daarvoor om ons Provinsie met ander provinsies in hierdie land te vergelyk. Hulle kan gerus nou konsekwent wees, na die RGN-meningspeiling kyk, en s dat daar waar die ANC aan bewind is, daar voel mense veilig; en daar waar die koalisie die septer swaai, daar is die misdaadsyfer die hoogste. [Tussenwerpsels.] Dit is wat Die Burger s, en dit is wat die RGN-meningspeiling s. [Tussenwerpsels.]

Die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning het ges hy het nie die magte nie. Sien 'n mens die redenasie deur en voer dit tot by sy logiese uiteinde, kan dit ges word dat al die ander provinsies ook nie oor die magte beskik nie, maar tog toon hulle beter resultate. My punt, en met respek so, is doodeenvoudig dat dit hoegenaamd niks met magte uit te waai het nie, maar alles te make met onvoldoende politieke wil, onvoldoende beleid, gebrek aan 'n plan en die suksesvolle implementering daarvan.

Die mense van die Kaap praat vandag met die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning, en hy staan aangekla. Die Akte van Beskuldiging lees soos volg: die beskuldigde toon onvoldoende politieke wil in soverre dit transformasie en verandering van die SAPD in die Wes-Kaap betref; en die beskuldigde laat na om enigsins hoegenaamd morele en politieke leiding aan die SAPD in die Wes-Kaap te gee. Daar is lede in die Diens wat meen dat hulle met enigiets kan wegkom, juis as gevolg daarvan dat die beskuldigde die Minister is.

Ek gaan voort met die Akte van Beskuldiging: die beskuldigde weier en/of verseg, alternatiewelik is selektief daarin, en in die verdere alternatief, beskik nie oor die nodige vermons om sy regte en verpligtinge ooreenkomstig ons Grondwet en sekere ander wetgewing te kan nakom nie. Hy is voortdurend foutiewelik onder die indruk dat hy nie 'n rol te speel het nie, omdat hy nie die magte het nie.

Ek gaan voort met die aanklag: beskikbare bronne word steeds nie aangewend ooreenkomstig die behoefte en ons beskikbare misdaadprofiel nie.

Me die Voorsitter, ek sal nie nou hiermee verder gaan nie. Ek wil egter s dat die klagstaat hoegenaamd nie 'n volledige lys van klagtes veronderstel nie. Wanneer dit by hierdie agb Minister kom, is die lys amper oneindig. Ek lig slegs enkele punte uit in die hoop dat ons daaraan sal kan aandag gee.

Kom ek bied die getuienis teen die agb Minister aan: Thabo Mabaso verloor sy oog by die Guguletu Polisiestasie; komm Danils gelas dat lede aan diens tydens die voorval verplaas moet word. Die agb Minister gryp in en stuit die verplasing.

Ek gaan voort met die getuienis: die Minister van Onderwys het onlangs gesukkel om diens by dieselfde polisiestasie te kry; soos haar gebruik is, raas en blaas, skop en skree sy, en so wrintiewaar, sy kry onmiddellik die aandag van die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning. Die vraag op almal se lippe is: moet 'n mens in hierdie provinsie dan blank wees alvorens jy aandag kry? [Tussenwerpsels.]

Komm Niel van Heerden is na bewering 'n vuisslaner; iemand wat glo dronk bestuur; iemand wat na bewering heel talentvol in 'n kroeg is; en 'n man wat glo ongelukke maak, en dan probeer om van die toneel af weg te jaag. [Tussenwerpsels.] Dit is nie die ergste nie. Die belangrikste feit wat ons met ons moet saamvat, is dat komm Van Heerden toegelaat was om hierdie curriculum vitae van hom in die praktyk te skryf, onder die leierskap van die agb Minister en in sy tyd. [Tussenwerpsels.]

Kapt Anine de Beer maak by geleentheid sekere uitlatings wat rassisties ingekleur staan, soos wat toe ook later die bevinding sou wees, maar die agb Minister is eenvoudig muis daaroor. Die vraag is: moet dit verstaan word as 'n sanksie vir haar optrede aan die kant van die agb Minister, of is dit reflekterend van sy standpunt?

Die volgende getuienis is: in sy departement is daar net een swart personeellid uit 'n personeelkorps van 28 lede. Die syfer gaan hopelik opskuif na 39. Hierdie is 'n koue feit. Dit is beslis vir my beduidend van 'n gebrek aan transformasie en die wil om te verander.

Ek is seker die agb Minister is genteresseerd in die uitspraak. Die mense van die Wes-Kaap sit vandag in "oordeel" van die agb Minister en s, "Skuldig." Die mense van die Wes-Kaap is duidelik in hul uitspraak.

Me die Voorsitter, wat di Begrotingspos betref, gun my die geleentheid om ook 'n woord van dank oor te dra aan die amptenare in die departement, veral vir die wyse waarop hulle ons deur die oefening gevat het in SKOF en ook in die relevante staande komitee. Ek wil mnr Joshua en sy span namens die ANC opreg bedank en hulle alle sterkte en voorspoed toewens.

Me die Voorsitter, om verder spesifiek te raak, buurtwagte het 'n uiters kritiese rol te speel in die bekamping van misdaad. Dit is 'n wyse waarop die gemeenskap betrokke gekry kan word. Dit is 'n manier van 'n bydrae orden en om 'n positiewe deelname te ontlok. Dit is 'n manier van nee s vir vigilante-optrede.

Die ANC verwelkom die mate van erkenning wat reeds aan buurtwagte gegee word, maar moet onmiddellik byvoeg dat daar steeds nie genoeg gedoen word nie. Bydraes is hoofsaaklik beperk tot die aanbied van opleiding. Opleiding is belangrik, maar is dikwels nie voldoende nie.

Buurtwagte moet beter bygestaan word, dit is ons kreet. Die ANC vra dat die agb Minister moet kyk na beter ondersteuning aan buurtwagte, spesifiek ook ten aansien van toerusting ... [Tussenwerpsels.] ... en uitrustings. Op die Kaapse Vlakte, en in ons townships veral, kan ons mense toerusting en uitrustings eenvoudig nie bekostig nie.

In die histories bevoordeelde gebiede sien die prentjie natuurlik aansienlik anders daar uit. Ek is lid van die Forville Guard-buurtwag in Blue Downs, en die ervaring is in die praktyk opgeskryf.

Die ANC daag verder die agb Minister en elke agb lid aan daardie kant van die Huis spesifiek uit om by buurtwagte aan te sluit en om aktief te begin deelneem aan die stryd teen misdaad.

Me die Voorsitter, die steun aan ons gemeenskapspolisieforums word ook verwelkom, maar ook in hierdie opsig is ons nie heeltemal waar ons moet wees nie. Die gemeenskapspolisieforums moet beter en meer omvattende steun kry. Daar moet ook gekyk word na die verlenging van die termynperiode van die GPF-bestuur. Dit sal bydra tot groter sekerheid en beter stabiliteit.

Ek wil vervolgens praat oor die community patrol officers (CPOs). Di program dra ongetwyfeld goeie meriete en moet die ondersteuning kry wat dit toekom. Wat egter as 'n totale skande voorkom, is dat 29 CPOs in Seepunt ontplooi is, teenoor geen in Elsiesrivier nie. In Steenberg is daar slegs 2 teenoor die 13 CPOs in Milnerton. In Ocean View is daar slegs 2 CPOs, teenoor die 8 CPOs in Houtbaai en die 18 CPOs in Claremont. En dan word daar ges dat hierdie ontplooiing gedoen word ooreenkomstig behoorlike en goeie inagneming van die misdaadprofiel in ons provinsie. Die Kaapse Vlakte brand. 'n Mens hoef nie 'n kernfisikus te wees om dit te weet nie.

Die bronne moet aangewend word waar die behoefte die grootste is. Die proses van inname en opleiding moet versnel word. Op hierdie stadium is ons slegs by 367, en die teiken is 770.

Ek wil voorts verwys na die misdaadvoorkomingsprojekte. Dit is 'n absoluut kritiese been van ons werksaamhede, en die agb Minister het dit ook so bevestig. Die punt is dat 62% van hierdie projekte op die platteland is. Ek het nie 'n probleem met die platteland nie, maar ons weet wat die misdaadsituasie in die Metropool is. Die punt is ons moet hierdie projekte veral ook in die Metropool sy teenwoordigheid laat kry. Beter aandag moet hieraan gegee word.

Me die Voorsitter, die Departement van Gemeenskapsveiligheid is ook nie proaktief genoeg nie, in soverre dit die inkry van projekte betref. Di projekte is slegs daar waar 'n GPF dit deurgee. Wat doen ons om daardie insette te mobiliseer, sodat ons daarop kan reageer?

Ek beskou Projek Chrysalis as 'n goeie projek wat ondersteun moet word. Daar is egter vier vrae wat ek baie graag wil vra. Wie word by hierdie projek ingeneem? Hoe vind die keuring plaas - is daar 'n proses van insette lewer, en hoe val dit uiteen? Wat presies is die kurrikulum en hoe word dit aangebied? Wat is die rol van politici hierin - lewer hulle insette en is hulle deel van die program? 

Me die Voorsitter, die laaste ding wat 'n mens hier wil sien, is 'n tipe van Recce-oefening, waar jong mense basies georinteer word om hulle te lei in die rigting van 'n tipe Kasinga.

Ek wil verder kortliks kyk na traumakamers. Ons moet ons rol in hierdie verband verdiep en dit moet na vore gebring word. Vroue en kinders, veral, is gruwelik aan die ontvangkant, wat misdaad betref. Baie misdrywe wat teen hulle gepleeg word, is seksueel van aard of seksueel verwant. Di werklikheid moet uit 'n ondersteuningsoogpunt hanteer word. Die ANC maak hierdie punt nou al lankal. Ons is steeds slegs by 'n besigheidsplan wat in proses is. Intussen betaal ons vroue en kinders 'n duur prys.

Me die Voorsitter, die ANC s traumakamers en ondersteuningsdienste moet onmiddellik by alle polisiestasies ingestel word, sodat ons ook vrywilligers kan begin oplei.

Die Nuwe NP het met die 1999-verkiesing groot beloftes gemaak met slagspreuke soos, "Hou die Kaap Nat", "Hang Murderers and Rapists", "Quality Education", om net 'n paar te noem. Hulle het ook aangedui dat hulle misdaad gaan vasvat. Hulle het, soos hulle dit gestel het, 'n "Cape Constabulary" beloof. Die verkiesing het gekom en die verkiesing het gegaan. Die Cape Constabulary het egter nooit gekom nie, maar het reeds gegaan.

U sien, me die Voorsitter, die stemme is gen en die verkiesing is verby. Ek wil egter waarsku dat die mense se o geopen is, en die RGN-verslag bewys dit reeds.

Die beveiliging van ons skole en mediese dienssentrums is van kritieke belang. Die agb Minister het glad nie daarna verwys nie. Onderwys en Gesondheid het in hierdie verband 'n bydrae te lewer. Daar moet beslis toegesien word dat die saak ook sy inslag vind in hul begrotings. Miskien praat ons hier van die opsy sit van fondse toegewys onder hul poste, spesifiek vir beveiligingsaksies. Dit is op hierdie oomblik in 'n mate 'n dowwe kol. Ek wil versoek dat ons sterk daaraan moet aandag gee en die fokus daarop moet plaas. [Toejuiging.]

*Mnr D SILKE: Me die Voorsitter, dit is aangenaam om vandag tot die debat toe te tree. Dit was vir my interessant om die selektiewe aanhaling van statistieke uit die nuutste RGN-verslag te hoor wat die agb lid mnr Byneveldt in sy toespraak aangehaal het. Dit is ook interessant om daarvan kennis te neem dat, volgens daardie verslag, die Wes-Kaap die mees gewenste plek is om in te woon. Dit weerspreek baie van wat die agb lid mnr Byneveldt ges het. Hy behoort terug te gaan en daardie verslag te lees. [Tussenwerpsels.]

Mnr G R STRACHAN: [Onhoorbaar.]

Mnr D SILKE: Me die Voorsitter, ten eerste wil ek die departement en sy amptenare bedank, vir die inligting van die agb lid mnr Strachan, vir hul bystand aan verskeie komitees oor die afgelope paar weke.

*Mnr G R STRACHAN: [Onhoorbaar.] ... u gaan help. [Tussenwerpsels.]

*Mnr D SILKE: Ons het wel begrip vir die geweldige beperkinge waaronder hulle werk, asook vir hul tyd en moeite met die verskillende departemente.

*Mnr G R STRACHAN: Dit is onregverdig. [Tussenwerpsels.]

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Agb lede word toegelaat om kort tussenwerpsels te maak, nie vol sinne nie. Hulle moet asseblief hierby hou. Die agb lid mnr Silke mag voortgaan.

*Mnr D SILKE: Me die Voorsitter, in alle billikheid teenoor die agb Minister en sy departement, die Begroting waarvan ons vandag praat, is regtig 'n bysaak in die stryd teen misdaad. Dit maak skaars voorsiening vir materile voordele vir die mense van hierdie provinsie, want die bestek en bevoegdhede van die provinsie en sy verantwoordelike Minister word in hierdie verband ernstig deur die nasionale bevoegdheid aan bande gel. Slegs sowat 12% van die ernstige misdade in hierdie land lei tot skuldigbevindings. Van die 52 169 aangemelde gevalle van verkragting het slegs 4 200 tot skuldigbevindings gelei. In die Wes-Kaap was toeriste die ongelukkige teikens van misdadigers, maar minder as 2% van hierdie misdade is volgens die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning suksesvol vervolg. Dit toon inderdaad dat daar vanselfsprekend 'n meer holistiese of groter probleem met misdaad is as om bloot op die Wes-Kaapse situasie te konsentreer, soos my kollegas aan daardie kant van die Huis dikwels geneig is om te doen.

Hierdie provinsie se misdaadprobleem bly 'n ernstige belemmering vir groei, belegging en lewensgehalte. Misdaad is vir alle mense van hierdie provinsie die ernstigste vraagstuk. Die nasionale Regering het ons alle soorte planne beloof om misdaad uit te roei. Ons het elke enkele ANC-modewoord in die boek gehoor. Ons het 'n Nasionale Misdaadvoorkomingstrategie gehad. Ons het "paradigmaverskuiwings", "omvattende beleidsraamwerke", "gedeelde verstandhoudings" en selfs "gentegreerde beleidsoogmerke" gehad. Ons het dit alles gehad, maar gewone Suid-Afrikaners s toenemend eenvoudig, "Ons het genoeg gehad!"

Die basiese elemente van misdaadbestryding kan eenvoudig nie in hierdie provinsiale Begroting aandag geniet nie. Die Begroting het geen jurisdiksie oor ons strafregstelsel nie, wat steeds, ses jaar na die ANC aan bewind gekom het, swak toegerus bly om die voorkoming, opsporing en vervolging van misdaad te hanteer. Dit is duidelik 'n geval van 'n nasionale bevoegdheid, maar dit raak in werklikheid 'n geval van nasionale onbevoegdheid as 'n mens na die wyse kyk waarop die ANC vir ons veiligheid sorg.

Me die Voorsitter, verlede naweek het die Sunday Times berig dat die nasionale Departement van Korrektiewe Dienste so deurspek is met begunstiging, boetie-boetie-spelery en korrupsie dat elke aanstelling, bevordering en prestasietoekenning oor die afgelope drie jaar hersien sal moet word. Daar word voorts in daardie berig beweer dat ten minste 80% van die personeel van Korrektiewe Dienste familielede het wat vir die departement werk. [Tussenwerpsels.] Dit is mos skaars bevorderlik vir die behoorlike rehabilitasie van gevangenes en is 'n verdere bewys van 'n nasionale Ministerie wat in sulke wanorde verkeer dat dit 'n bedreiging inhou vir die maatskaplike onderbou en ons mense in die Wes-Kaap.

Dit is ons Polisiemag wat ernstig benadeel word in hul stryd om die tienduisende ernstige misdade in die provinsie in bedwang te bring. Met meer as 200 polisiemanne wat elke jaar in Suid-Afrika vermoor word, is dit nie verbasend dat die moraal in die Polisiemag laag is nie.

Daar is basiese elemente wat ons moet regkry. In Suid-Afrika is daar sowat 11 000 SAPD-lede wat nie oor rybewyse beskik nie, en hoewel baie beamptes swak opgelei is, het meer as 40 000 lede van die SAPD Graad 10- of laer opleiding. Dus, me die Voorsitter, kan ons werklik verbaas wees as dit ons brer strafregstelsel is wat ons in die steek laat?

Daar is eenvoudige oplossings vir party van hierdie probleme. Ons kan begin deur korrupte amptenare te ontslaan wat toelaat dat ons gevangenisstelsels verval in bendedeurtrekte gebiede wat veroorsaak dat gevangenes na hul vrylating selfs nog meer disfunksioneel optree. Ons kan dit nie in die Provinsie doen nie, maar die ANC kan dit op nasionale vlak doen. Ongelukkig verkies hulle om dit nie te doen nie.

Die basiese elemente gaan voort. Ons moet die standaarde van gewone polisiemanne en polisievroue verhoog deur prestasieverwante salarispakkette in te stel en belonings vir voortreflikheid te verskaf en deur beursskemas en aansporingsmaatrels daar te stel om kwalifikasies te verbeter. Ek waag om te s dat daardie lede wat The Bold and the Beautiful gekyk het toe die agb Minister van Onderwys hulle in Guguletu besoek het, nie suksesvol sal wees as hulle nie deur hul vriende in Popcru beskerm word nie. Ek wil op hierdie punt s dat dit vir my aangenaam is om die agb Minister van Onderwys 'n baie gelukkige verjaardag toe te wens. Dit is inderdaad haar verjaardag vandag. [Tussenwerpsels.] Die ondoeltreffende lede van die polisiemag moet aan strafmaatrels onderwerp word vir enige gebrek aan prestasie en dit moet streng toegepas word.

Me die Voorsitter, van Manenberg tot Muizenberg funksioneer ons polisiekantore eenvoudig nie. Lang vertragings in reaksietye en ontoereikende toerusting stel al ons lewens voortdurend in gevaar. [Tussenwerpsels.]

Om spesifiek na hierdie departement te verwys, ons is bly dat die Gemeenskapspatrolliebeampteskema uiteindelik vrug dra. Dit is baie bemoedigend om kennis te neem van die afname in die misdaadsyfers waar hulle die meeste bedrywig was. Niks klop die beampte op patrollie nie. Dit is 'n sigbare teken van polisiring en, vanselfsprekend, gekoppel aan die gebruik van kameras regdeur ons stad en hopelik 'n meer uitgebreide gebruik van kameras, dink ek dat dit op die langer termyn vrug sal dra. [Tussenwerpsels.]

Daar is nie genoeg gemeenskapspatrolliebeamptes aan die werk nie. Ons sien uit na die volledige ontplooiing van die 770 teen die einde van die jaar. Natuurlik is een van die probleme met gemeenskapspatrolliebeamptes die feit dat hulle dikwels waarskynlik hor kwalifikasies het as gewone polisiebeamptes in polisiekantore. Hulle het dikwels meer inisiatief as polisiebeamptes. Hulle kan ook daarvan weerhou word om die toerusting in gewone polisiekantore te gebruik, ooreenkomstig hul taamlik beperkte mandaat. Ek hoop wel dat dit iets is waarna die agb Minister sal kyk - om GPFs toe te laat om miskien in 'n brer raamwerk te funksioneer as hulle aan 'n spesifieke polisiekantoor in 'n gemeenskap toegewys is.

Voorts is ek bemoedig deur die departement se instelling van trauma-eenhede by polisiekantore. Dit is absoluut noodsaaklik, veral vir gebruik deur verkragtingslagoffers. Wat die stygende getal verkragtings betref wil, ek graag by die agb Minister hoor of enige inisiatiewe in hierdie verband geloods is, veral in dwarsleggende verhoudings met ander departemente, soos di van Onderwys.

Die mishandeling van bejaardes het eweneens onder die media-kalklig gekom en ek wil graag weet watter vordering daar in hierdie verband was as deel van die AAA-veldtog, soos uiteengesit. Watter samewerking geniet hierdie departement van Maatskaplike Dienste in die polisiring van hul tehuise vir bejaardes en die versekering dat alles in orde is in tehuise onder ons provinsiale beheer? Ons kan natuurlik nie uitsprake maak oor private tehuise nie, maar ons kan sekerlik kyk na tehuise wat in die provinsiale sektor val.

Me die Voorsitter, ons ondersteun hierdie Begrotingspos, maar ons het ernstige en dringende aandag op nasionale vlak nodig om enige verbetering aan die gang te kry. Die ANC het vyf jaar daaraan bestee om elke burger van hierdie land in die steek te laat.

Die MINISTER VAN ONDERWYS: Hoor, hoor!

Mnr D SILKE: En dit lyk asof ons glad nie nader aan 'n oplossing is nie. Ons bedank die departement vir hul voortgesette pogings en dit is vir ons aangenaam om hierdie Begrotingspos te ondersteun.

Mnr H A LEWIS: Mnr die Voorsitter, indien 'n persoon die eise wat gemeenskapsveiligheid in die provinsie stel, opweeg teen die beskikbaarheid van R12,48 miljoen uit 'n begroting van R11 miljard, moet lof toegeswaai word vir die wyse waarop hierdie minimale bedrag ten opsigte van gemeenskapsveiligheid in die Provinsie aangewend word.

Ek dink dit sal interessant wees as di Huis kon besluit om 'n debat te hou oor al die faktore wat inwerk op die aspek van veiligheid en sekuriteit. Ek is doodseker aan die einde van so 'n debat sal die meeste van ons, indien nie almal nie, 'n nuwe perspektief oor die hele aangeleentheid van gemeenskapsveiligheid h. Ons sal dit moontlik 'n minder sensasionele aangeleentheid maak, maar iets waaroor ons met passie kan praat in 'n soeke na oplossings vir die veiligheid en beskerming van ons gemeenskappe.

Indien die Departement van Gemeenskapsveiligheid kan voortgaan met sulke lofwaardige projekte, veral waar strukture in die gemeenskappe betrek en aangewend kan word in die voorkoming van misdaad, behoort ons uiteindelik in 'n rigting te begin werk waar gemeenskappe hopelik weer beheer oor hul strate en parke sal kry.

Mnr die Voorsitter, daar is waardering vir die 470 gemeenskapspolisiringsoffisiere (GPOs) wat in die volgende boekjaar opgelei sal word en in die gemeenskappe ontplooi sal word. Ek wil weer eens versoek dat daar by die ontplooiing van die gemeenskapspolisiringsoffisiere voldoende behoeftebepalings in die gemeenskap gedoen sal word, sodat ons werklik di hulpbronne as ondersteuning sal plaas waar dit werklik die nodigste is en waar die gemeenskappe dit die nodigste het.

Die pad wat Departement van Gemeenskapsveiligheid loop met Mini-MADAM in die Manenberg-gebied, glo ek is die beste wat onder omstandighede vir ons op die lang termyn maksimale voordele sal waarborg. Ek wil hulle sterkte toewens met di loodsprojek, waarvan die einddoel is om, veral wanneer ons situasie met fondse verbeter, in alle areas en gemeenskappe soortgelyke mini-MADAM-projekte op die been te kry.

Die UDM sal alles in sy vermo doen om te help dat Projek Chrysalis tot sy reg kom. Ons toekoms l in ons jeug. Indien ons nie aandag aan ons jeug gee nie, is ons besig om ons hele toekoms te ondermyn.

'n AGB LID: Hoor, hoor!

Mnr H A LEWIS: Een van die strategiese doelwitte van die departement is die instel van 'n ondersoek ...

Die TYDELIKE VOORSITTER (Mnr N M Isaacs): Orde! Daardie agb lid moet nie aanmekaar praat terwyl die agb lid mnr Lewis sy toespraak lewer nie. Die agb lid mnr Lewis mag voortgaan met sy toespraak.

Mnr H A LEWIS: Mnr die Voorsitter, een van die strategiese doelwitte van die departement is die instel van 'n ondersoek na die vlakke van dienslewering by spesifieke gemeenskapsdienssentrums. Ek is doodseker dat sodanige inligting hulle in staat sal stel om werklik doelgerigte regstelling en die doelgerigte maksimale aanwending van hulpbronne te bewerkstellig.

Mnr die Voorsitter, ek sien ook daarna uit om via die Staande Komitee oor Owerheidsake en Gemeenskapsveiligheid aan die PPO-projek saam te werk.

Mnr J P GELDERBLOM: Mnr die Voorsitter, ek wil aansluit by die vorige sprekers wat die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning en sy bestuurspan bedank het vir 'n uitstekende begrotingspos aan die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe en aan die Huis voorgel.

Die agb Minister en sy bestuurspan stuur 'n sein uit na die gemeenskap daar buite dat hulle omgee vir al die mense van die Wes-Kaap, wanneer dit kom by die beskerming en beveiliging van hul lewens en hul besittings. Ek wil die agb Minister en sy bestuurspan namens ons aan hierdie kant van die Huis opreg bedank.

Meneer, waar polisie so 'n belangrike rol in die samelewing speel om misdaad te bekamp en veiligheid te verseker, is dit des te meer soveel meer waar in die Wes-Kaap, aangesien hierdie provinsie gebuk gaan onder misdaad in die ergste graad. Die SAPD in die Wes-Kaap is egter totaal onderbeman. Dit bring mee dat daar 'n geweldige werklas op die polisiemanne en -vroue rus. Oorwerk en lang ure het dikwels ook 'n negatiewe psigiese effek op die polisiemanne en -vroue. Derhalwe is dit noodsaaklik dat die Sentrale Regering dringend meer geld beskikbaar stel vir polisiring in die Wes-Kaap.

In di verband moet ons verto aan die Sentrale Regering nie beskou word as 'n bak hand staan mentaliteit nie, maar eerder in die lig van ernstige bekommernis oor die toenemende golf van misdaad wat vanuit ander provinsies na die Wes-Kaap oorspoel. Dit is 'n onomwonde feit dat die motordiefstalsindikate, sowel as dwelmsindikate, hulle vanuit ander provinsies in 'n toenemende mate toespits op die inwoners van die rustige Wes-Kaap.

Die Nuwe NP wil die versekering h dat elke wetsgehoorsame inwoner in die Wes-Kaap te alle tye verseker moet wees dat die SAPD sy belange en veiligheid op die hart dra. Voorgenoemde kan alleenlik verseker word deur die onderbemanning van die Polisiediens op sentrale vlak op 'n deurlopende basis aan te spreek.

Daar bestaan wel in sommige gemeenskappe waar sosio-ekonomiese probleme ondervind word, 'n gebrek aan sigbare polisiring. Die gebrek aan voldoende polisiring laat ook sekere vrae by die gemeenskap opkom, wat tot gevolg het dat sekere negatiewe persepsies van die Polisiediens by hulle ontstaan.

Die Nuwe NP bepleit ook baie sterk die afwenteling van meer magte na die Provinsie. Dit sal help om meer vertroue by die gemeenskappe te skep, en terselfdertyd 'n groter mate van verantwoordingdoening van die provinsiale Minister van Gemeenskapsveiligheid vereis.

Tog wil ek as lid van die staande komitee 'n ernstige beroep op gemeenskappe doen, dat hulle meer betrokkenheid moet openbaar by buurtwagte, asook by polisieforums. Dit is belangrike hulpmiddels wanneer dit kom by inligting verskaffing aan die polisie, sowel as by die patrollering van besondere wyke in dorpsgebiede. Daar waar buurtwagte effektief funksioneer, is merkbare afnames in diefstalle gerapporteer.

Die Nuwe NP wil sy dank uitspreek teenoor al die vrywilligers wat op onbaatsugtige wyse hul diens aanbied by die buurtwaginstellings, sowel as polisieforums.

Ek wil veral graag in hierdie verband verwys na die goeie resultate wat die polisieforums en buurtwagte in die Klein-Karoo behaal. Oudtshoorn se polisieforum lewer waardevolle diens wanneer dit kom by ondersteuning en onderskraging van die Polisiediens, waarop ek baie trots is.

Dit is wel so dat daar nog weerspannige houdings van enkele polisiemanne in die Wes-Kaap ondervind word; mense wat nie die hervormings in die nuwe Suid-Afrika wil aanvaar nie. Sulke houdings en negatiewe gesindhede word deur die Nuwe NP sterk veroordeel. Terselfdertyd is daar wel enkele lede van die Polisiediens wat, wanneer hulle gedissiplineer word, die saak aan die groot klok wil hang as 'n rasse-insident. Dit, mnr die Voorsitter, glo ek sal die ander kant van die Huis ook saam met die Nuwe NP ten sterkste afkeur.

Ek wil my dank uitspreek teenoor die hardwerkende polisiemanne in my kiesafdeling in die Klein-Karoo, onder leiding van asst-komm Kosie Japhta. Hy en sy span behaal baie sukses in die Klein-Karoo en die Suid-Kaap.

Ek wil ook my dank oordra aan die puik speurwerk wat in Dysselsdorp gedoen is met die inhegtenisneming van die beweerde moordenaars van die drie tienderjariges wat so tragies gesterf het.

'n Knelpunt in my kiesafdeling wat dringend die aandag van die SAPD moet geniet, is die ernstige diefstal van volstruiseiers en klein volstruisies op plase. Di diefstal lyk na georganiseerde pogings en het 'n negatiewe uitwerking op die boerderybedryf in die Klein-Karoo.

Ek wil 'n ernstige versoek rig aan die agb Minister, dat daar so spoedig moontlik 'n ontmoeting moet plaasvind tussen hom, die betrokke polisie-afdelings wat met diefstal gemoeid is en die boere in die Oudtshoorn-omgewing om hierdie probleem so gou moontlik aan te spreek.

Mnr die Voorsitter, ek wil die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning en sy span nogmaals opreg bedank vir hul beskikbaarheid ten alle tye.

Ek wil ook vir adj-komm Dirk Crafford bedank vir die jare lange diens wat hy gelewer het. Hy gaan hom na sy aftrede in die beste plek in die Wes-Kaap vestig - Oudtshoorn. Namens die mense in my kiesafdeling wil ek hom voorlopig hartlik verwelkom in die Klein-Karoo. [Toejuiging.]

*Mnr M LOUIS: Mnr die Voorsitter, dit is 'n groot voorreg om aan hierdie debat deel te neem.

*Mnr G R STRACHAN: Het jy gekalmeer, Michael? [Gelag.]

*Mnr M LOUIS: Dit is verbasend wat 'n goeie nagrus kan doen as 'n mens vrede gekry het oor 'n besluit.

Mnr die Voorsitter, laat my toe om al die lede van die SAPD en al die beamptes opreg te bedank omdat hulle 'n taak in hierdie provinsie verrig wat soveel opoffering geverg het.

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Mnr M LOUIS: As daar een departement en een begrotingspos is wat ons nie sal toelaat om verpolitiseer te word nie, is dit hierdie departement en hierdie Begrotingspos. Gemeenskapsveiligheid raak al die mense in die provinsie, en dit is waarom ek aan die SAPD en in die besonder aan die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning wil s dat ons hulle noukeurig dophou. Ons sien sy verbintenis, sy ywerige toewyding aan die programme en die departement wat onder hierdie Begrotingspos ressorteer. Sy dienste gaan nie ongemerk verby nie en hulle word baie hoog op prys gestel. Ons wil h dat hy dit moet weet.

Ons is ook trots daarop om te s dat ons kan sien dat daar vordering in hierdie departement is. Ons is veral bly om te sien dat hy in die 2000-01-boekjaar geld aan opleiding en kordinering bestee. Dit is ook vir ons aangenaam om te sien dat meer geld bestee sal word aan die voorkoming van maatskaplike misdaad, want maatskaplike misdaadvoorkoming is beslis 'n gesonde belegging; 'n mens kan nie verloor deur dit te doen nie.

In die begin van die agb Minister se toespraak vandag het hy geskets wat ek as 'n baie mistroostige prentjie van die werklikheid op die oomblik in hierdie provinsie moet bestempel. Die status quo is dat die SAPD in die Wes-Kaap met 10 000 beamptes teen 40% onderbeman is. Hy het dit nie genoem nie, maar die SAPD is ook teen 40% ondervoorsien van motorvoertuie. Dit is baie verontrustende syfers hierdie, veral as 'n mens rekening hou met die feit dat 21 polisiekantore om 16:00 sluit.

Daar is vier items waarop die ACDP graag in hierdie debat wil konsentreer. Ten eerste moet ons nog ons eie polisiemag instel. Dit ly geen twyfel nie. Dit was 'n skeppende gedagte en dit is iets waarmee ons vordering moet maak en waaraan ons moet werk. Dit ly geen twyfel nie dat ons maniere moet kry om dit te finansier.

Dit is jammer dat die agb Minister nie melding gemaak het van die goeie werk wat Sakelui Teen Misdaad verrig nie. Die sakesektor ondersteun die SAPD in 'n groot mate en dit is iets wat in die Huis genoem moet word. Daar moet erkenning gegee word aan hulle hier en hulle moet geprys word vir hulle werk.

'n AGB LID: Hoor, hoor!

Mnr M LOUIS: Mnr die Voorsitter, ten tweede wil ek graag oor die AAA-projek praat. Dit is myns insiens 'n uitstekende program. Ek het gesien dat baie goeie werk daaruit kom, veral waar daar 'n klem op bejaardes is.

Soos agb lede weet, het Carte Blanche daardie uitmuntende program oor bejaardes vertoon. Ek wil die agb lid mnr Ismail iets oor Worcester vra. Ek dink dat die tehuis vir bejaardes waar dit alles gebeur het in Worcester was, maar ek is nie seker daarvan nie.

Dit is vir my aangenaam om te sien dat die SAPD op bejaardes konsentreer. My kollega het gepraat van die skakeling tussen die SAPD met die Departement van Maatskaplike Dienste. Ek wil graag weet watter programme hulle saam met ander departemente hanteer om aandag te gee aan die mishandeling van bejaardes. Dit is vir ons aangenaam om te hoor dat die SAPD slypskole vir bejaardes aanbied en hulle help met selfverdediging en bemagtigingsprogramme.

Ten derde wil ek graag oor moraal in die Polisiediens praat. Dit raak nie net polisiemanne nie, maar ook hulle gesinne. Dit is vir ons baie aangenaam om komm Max geluk te wens met sy jongste operasie, wat baie geslaagd was. Hy het melding gemaak van die sukses van hierdie operasie en was van mening dat dit teenoor die publiek van die Wes-Kaap bevestig het dat die moraal van die polisie ongeskonde is. Ek is baie bly dat hy dit s, want dit is ongelukkig nie wat ons op grondvlak hoor nie. Ek is baie bly om dit van bo af te hoor.

Ons moet 'n magtigende omgewing skep om toegewyde dienaars te werf - 'n omgewing met behoorlike opleiding, beter werkomstandighede, billike werkure en vergoeding vir oortyd. Ons moet die waardigheid, respek en eer wat die polisie verdien, herstel.

Ek moet aan die agb Minister s dat Projek Chrysalis 'n uitmuntende projek is. Ek wil graag die aanbeveling van die agb lid mnr Byneveldt sekondeer dat Projek Chrysalis beter bemark moet word. Ons wil graag weet hoe ons as politieke partye aan daardie program kan deelneem. Wat is die maatstawwe om mense te benoem? Daar is 100 mense per maand en 1 000 mense per jaar. Dit is so 'n uitmuntende program dat dit beter kommunikasie met die man op straat verdien, sodat hy daaraan kan deelneem.

Die SAPD moet ook gelukgewens word met die Metamorfose-program wat blykbaar ook 'n groot klomp werk doen.

Mnr die Voorsitter, dit lyk asof MADAM op die oomblik 'n baie lae profiel handhaaf. Ek is nie seker of dit bloot is omdat ons nie veel daarvan hoor nie, maar dit lyk asof hulle 'n baie lae profiel handhaaf. Dit moet reggestel word. [Tyd verstreke.]

*Mnr Z C STALI: Me die Voorsitter, in die Begrotingsverklaring van die Departement van Gemeenskapsveiligheid word die volgende onderafdelings onder die opskrif "Oorsig" gelys: "Missie", "Sleutelfunksies", "Strategiese oogmerke", en "Stelling van Sleutelregeringsuitsette". Hierdie oorsig is deurspek met verhewe gedagtes en grootse skemas.

Wat hierdie departement egter in gebreke bly om raak te sien, is die kwessie van transformasie van die departement self en van die provinsiale polisiediens. Deur dit te doen, het die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning sy agenda ten opsigte van die vele probleme wat uit die gebrek aan transformasie in sy portefeulje spruit, duidelik uitgespel.

Synde die toegewyde agb Minister wat hy beweer hy is - of liewer, dit is hoe die media hom in die Wes-Kaap uitbeeld - openbaar hy duidelik geen verbintenis tot die wettige aanspraak en verwagtinge van ontnugterde polisiemanne nie.

Die agb Minister is hier op 'n koers wat tot 'n botsing gaan lei. 'n Voorbeeld van hierdie gebrek aan transformasie is die toedrag van sake hier in die Provinsiale Parlement. Waarom het ons nie enige swart polisiemanne hier reg op ons voorstoep nie? Dit is nie dat ons teen blanke of bruin polisiemanne gekant is nie, maar ons wil polisiemanne van alle rasse sien as ons by hierdie gebou inkom. Die werklikheid van die saak is dat daar verskeie mense is wat hier inkom en party van hulle kan nie eens Engels of Afrikaans praat nie. Ons mense word weggewys omdat hulle nie met die polisiemanne wat by die ingang tot die Provinsiale Parlement aan diens is, kan kommunikeer nie.

Me die Voorsitter, ten tweede word daar nrens in die verhewe stelling van die agb Minister verwys na die herverdeling van hulpbronne aan ondervoorsiene en onderbemande polisiekantore nie. In plaas daarvan verkies die agb Minister 'n navorsingsproses wat geld kan kos en sal herbevestig wat ons 'n baie lang tyd al s.

Verlede week het ons in die media die wanhopige toedrag van sake by party van die polisiekantore in die voorheen benadeelde gemeenskappe gehoor en gesien. Dit sal ook verwelkom word as die agb Minister ons van meer besonderhede oor sy navorsingsproses kan voorsien.

Me die Voorsitter, ek het ook met vermaaklikheid kennis geneem van die verskeie teen-misdaadstrategie en misdaadvoorkomingsprogramme waarvan die agb Minister gepraat het - daar is basies 'n program vir elke soort misdaad. Daar is egter f nie verslag gedoen oor die sukses van hierdie programme nie, f daar was geen sukses nie.

Daar was ook baie min of geen sigbare teken van die geslaagdheid van hierdie programme in die bruin of swart woonbuurte nie, en dit is die probleem wat ondervind word deur die meerderheid van die mense wat vir ons gestem het. [Tyd verstreke.]

*Mnr A J WILLIAMS: Me die Voorsitter, ek wil die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning graag gelukwens met sy Begrotingsrede.

Maandag het die agb Premier 'n beroep op die mense van die Wes-Kaap gedoen toe hy ges het, en ek haal aan:

	I want to appeal to the people of the Western Cape Province to come out en masse and make a stand against ongoing violence, especially violence against children and women.

Me die Voorsitter, dit was bemoedigend om te sien dat die mense van die Provinsie Wes-Kaap gister en masse uitgekom het om 'n ferm standpunt teen die voortdurende geweld in te neem.

Die Manenberg MADAM-projek is lofwaardig. Ek sal my plig as 'n lid van die Staande Komitee oor Regeringsake en Gemeenskapsveiligheid versaak as ek nie 'n woord van spesiale gelukwense aan die agb Minister en sy departement met die inwerkingstelling van hierdie projek rig nie.

Me die Voorsitter, ek weet dat u my heelhartig in hierdie saak sal ondersteun, want die passie wat u openbaar wanneer u debat voer oor sake wat ons kinders raak, is tekenend van 'n toegewyde onderwyser wat regtig omgee. Ek wil u graag bedank vir u ondersteuning in hierdie verband.

Die positiewe gevolge sedert beamptes aangestel is om aandag te gee aan die stokkiesdraaiprobleem by skole is nog 'n teken van die agb Minister en sy departement se verbintenis om te help en om ook ons kinders by te staan om gedissiplineerde lede van die gemeenskap te word, veral diegene wat ernstig verwaarloos is. Ek glo dat stokkiesdraai 'n direkte gevolg is van die beleid van die verlede wat lei tot swak sosio-ekonomiese omstandighede en ander faktore wat die agb Minister genoem het.

Me die Voorsitter, wanneer ek die agb Minister en sy departement vir hierdie inisiatief salueer, is dit omdat ek uit ervaring weet dat verpligte skoolbesoek in die agtergelate gemeenskappe nie werklik geslaagd was nie, ten spyte van die skoolbesoekbeamptes wat aangestel was, of wat aangestel moes word.

In teenstelling met die mislukte verpligte skoolbesoekprogram in die agtergelate gemeenskappe, was dit baie suksesvol in die destydse Kaaplandse Onderwysdepartement en in ander provinsiale onderwysdepartemente gemplementeer. Indien die agb Minister sukses bereik met die doelwitte wat hy vir hom gestel het met betrekking tot die ouers, sal hy en sy departement, die gemeenskap, die Provinsie en Suid-Afrika die vrugte daarvan pluk.

Me die Voorsitter, ek wil 'n ernstige beroep op die agb Minister en sy departement doen om as 'n saak van dringendheid saam met die Wes-Kaapse Onderwysdepartement programme te ontwikkel om die grootskaalse vandalisme, waaronder so baie van ons opvoedkundige instellings gebuk gaan, te stop.

Die ergste geval van vandalisme was sekerlik die skade wat by die Primre Skool Magnolia in die Paarl aangerig is. Ek wil graag me Bokkie Claassen, die 70-jarige Nuwe NP-stadsraadlid, bedank dat sy saam met mnr Japie Kok, die voorsitter van die beheerliggaam, en die skoolhoof, mnr Clarence Carolissen, 'n optog van die skoolgemeenskap teen vandalisme gelei het.

Me Bokkie Claassen het in haar toespraak by die optog ges, en ek haal aan uit die Paarl Post van Donderdag, 27 Januarie 2000:

	Wat gaan van ons arme kinders word as hierdie gemors nie stop nie? Ons breek ons eie kinders se geleerdheid af.

Die Wes-Kaapse Parlement moet gehoor gee aan me Claasen se oproep en hierdie gemors stopsit. Verlede naweek was dit Elsiesrivier wat deurgeloop het. Waar gaan dit hierdie naweek gebeur?

*Me die Voorsitter, dit bring my by Projek Chrysalis. Dit is nog 'n lofwaardige projek van die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning. Dit is inderdaad sy inisiatief en sy breinkind en daar kan tereg daarna verwys word as "Mark se Chrysalis". Ons weet egter dat die agb Minister 'n te nederige en eerlike persoon is om so 'n eerbewys te aanvaar.

Me die Voorsitter, hierdie projek is uit die diepe, eerlike en opregte omgee-eienskap gebore wat ek by die agb Minister bespeur het tydens 'n gesprek met hom. Tydens ons gesprek wou ek van die agb Minister weet waar die projek sy ontstaan gehad het. Ek wou alles weet, dag en datum. Dalk het ek nie geglo dat so 'n inisiatief van 'n Mark Wiley kon kom nie. Na ons gesprek het ek 'n ander Mark Wiley gesien - iemand met 'n opregte deernis vir die gemeenskap wat ... [Tussenwerpsels.]

Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde!

Mnr A J WILLIAMS: Me die Voorsitter, as dit die mate is waartoe ons omgee vir die probleem waarmee ons jong mense worstel, sal ons werklik luister. Is die rumoer 'n teken dat ons nie omgee nie?

Me die Voorsitter, na my gesprek met die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning het ek 'n ander Mark Wiley gesien. Ek het in hom iemand gesien met 'n opregte deernis vir die gemeenskap wat hy dien, en iemand wat bereid is om vir 24-uur met die grootste toewyding al sy kragte in te span om die lot van sy gemeenskap te verbeter; ja, selfs iemand wat nie sal skroom om 'n man te arresteer wat 'n sigaretstompie by die venster van 'n bewegende voertuig uitgooi nie.

*Me die Voorsitter, met die toewyding en vasbeslotenheid van die agb Minister en sy departement sal hierdie breinkind - wat ek die bynaam "Markie" sal gee - gou ontwikkel ... [Gelag.] ... in 'n voorkomende reus en jong volwassenes ontwikkel om bates vir die gemeenskap te wees en voorsiening maak ... [Tussenwerpsel.]

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Die agb lid mnr Williams mag voortgaan.

*Mnr A J WILLIAMS: Dankie, me die Voorsitter. Ek het vir u beskerming gewag.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Die agb lid het dit.

*Mnr A J WILLIAMS: Me die Voorsitter, ek wil graag herhaal, met die toewyding en vasbeslotenheid van die agb Minister en sy departement sal die baba met die bynaam "Markie" gou ontwikkel in 'n voorkomende reus en jong volwassenes as bates vir die gemeenskap ontwikkel. Dit sal hulle ook voorsien van geleenthede om positiewe rolmodelle te wees en aan hierdie jong volwassenes 'n intensiewe persoonlike groei-ondervinding gee. Dit is een van die hoofbeginsels waarop Chrysalis gebaseer sal wees. [Tyd verstreke.]

*Mnr P C MCKENZIE: Me die Voorsitter, ons aan hierdie kant van die Huis wil mnr Joshua en sy span graag bedank vir hul samewerking en vir die hulp wat hulle aan ons verleen het.

Ons wil ook ons splinternuwe Polisiehoof, komm Max, gelukwens. Ons wens hom voorspoed toe. Ons ken mekaar al jare lank. Ek onthou hom nog van ons dae saam in Bonteheuwel en Port Elizabeth. Ons het baie gesprekke gevoer oor die transformasie van die Polisie. Destyds was ons ontmoedig deur al die dinge wat met ons gebeur het, die era wat verby is. Dit is goed dat hy nou oor die middele beskik om die nodige transformasie in hierdie provinsie te bewerkstellig. Hy sal ons ondersteuning daarin geniet.

Ons wens ook die kommissaris se adjunk geluk. Ons is almal bly om haar onthalwe. Sy is 'n jong dogter van Bonteheuwel. Agb lede kan sien dat Bonteheuwel baie goeie vrug dra. [Tussenwerpsels.] Ons bedank haar vir haar samewerking.

Ons kan nie nalaat om ook vir komm Crafford te bedank en geluk te wens nie. Hy het wonderlike gewerk gedoen. Die persoon wat n hom in Oudtshoorn gaan werk het, areakommissaris Japhta, kan s hy stap in 'n groot man se voetspore. Ek en hy het eendag in die Oudtshoorn-omgewing gery en 'n dro bossie langs die pad gesien. Hy s toe vir my, "Minister, al wat daardie bossie nodig het, is 'n bietjie water, en dan sal jy sien hoe mooi Oudtshoorn se wreld is." Ons hoop hy geniet sy aftrede. Ons gebede vergesel hom.

*Daar is vandag baie oor gemeenskapspolisiringsbeamptes ges. Dit ly by ons geen twyfel nie dat gemeenskapspolisiringsbeamptes 'n uitmuntende diens in die Wes-Kaap gelewer het deur ons te help om die misdaadvlak te verlaag. Die gemeenskapspolisiringsbeamptes bestaan nou al vir bykans vyf jaar - vier jaar en sewe maande, dink ek - maar daar is nog geen leiding gegee ten opsigte van die eindresultaat wat ons ten opsigte van hierdie manne en vroue wil bereik nie.

As 'n mens met hulle praat, kry jy ongelukkig die idee dat daardie mense misbruik word. Dit is skokkend dat nie een van hierdie polisiemanne 'n pensioen het om op terug te val nie, hoewel hulle dieselfde uniform as polisiebeamptes dra. Nie een van hierdie gemeenskapspolisiringsbeamptes beskik oor 'n mediese fonds nie. Om die waarheid te s, anders as die ander staatsamptenare, kry hulle nie 'n dertiende tjek nie. Dit behoort ons te help om hulle meer te waardeer. Hulle kry een maal per jaar 'n bonus van ongeveer R200 tot R300. Hulle ontvang nie 'n behuisingsubsidie nie en kry slegs sowat R15,90 per uur.

Hulle val onder twee dissiplinre kodes. Die eerste is di van die polisie, waarvandaan hulle opdragte ontvang, en die tweede is die raad, wat ook aan hulle opdragte gee. Hulle ontvang nie 'n gevaartoelae nie. Party van hulle lede is op ons strate doodgemaak. Hulle het geen beskerming vir hul families indien hulle die diens sou verlaat nie. Om die waarheid te s, hulle is onlangs met ontslag gedreig as hulle nie iets gedoen het nie. Dit is mense wat 'n uitstekende taak verrig deur die armstes onder ons mense daar buite te beskerm.

Al wat ons gedoen het, is om te s dat ons vir hulle meer sal kry, maar ons kyk nie na permanente voordele vir daardie mense wat so nodig is in hierdie provinsie nie.

'n AGB LID: Dit is 'n nasionale ... [Onhoorbaar.]

Mnr P C MCKENZIE: Daardie agb lid behoort nie soveel bog te praat as hy weet wat die toedrag van sake is nie. Ek sou inderdaad aan die hand doen dat hy met die agb lid mnr Silke praat, wat tereg aangehaal het dat 95% van die mense dit geniet om in die Wes-Kaap te woon. Wat hy nie aangehaal het nie, was net die volgende paragraaf. Daarin word ges dat 76% van daardie mense nie daardie agb lid en die Provinsiale Regering vertrou nie. [Tussenwerpsels.] Hulle moet versigtig wees as hulle iets aanhaal. [Tussenwerpsels.]

Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde!

Mnr P C MCKENZIE: Me die Voorsitter, ek dink ons moet sekere versekerings aan ons mense gee. Ons moet aan ons mense wat op straat werk die respek en waardigheid gee wat hulle verdien. Wat doen die agb Minister ten opsigte van oorlegpleging met die nasionale Minister van Veiligheid en Sekuriteit omtrent die integrasie van daardie mense in die permanente Polisiediens? Toe ons dit voorheen bespreek het met Sapu, Popcru en al die ander polisievakbonde, het hulle almal ges dat hulle geen samesprekings met die agb Minister gevoer het nie en dat die agb Minister geen samesprekings met hulle gevoer het nie, selfs nie met die gemeenskapspolisiringsbeamptes nie. Dit is verskriklik dat ons 'n Minister het wat nie die vertroue van die personeel het wat hy moet lei en rig en waaraan hy morele ondersteuning moet gee nie. [Tussenwerpsels.]

Toe ons oorspronklik oor gemeenskapspolisiringsbeamptes gepraat het - dit is waarom die oorspronklike kontrak vir 'n drie maande tydperk was - was die gedagte dat daardie mense by 'n munisipale polisiediens of die SAPD ingelyf sou word, afhangende van hul keuse. Ek s dat die agb Minister dit op die agenda moet plaas. [Tussenwerpsels.] Hy moet nie aan ons s dat sy kantoor afgeskaal is omdat hy nou met 'n Adjunkminister praat nie. Ek s dat dit opgradeer is omdat hy nou direk met die Ministerie skakel. Hy moet versigtig wees met wat hy s.

Hy praat oor bevoegdhede wat hy nie het nie. Het hy vergeet dat die voormalige Minister van Gemeenskapsveiligheid een van die mense was wat die bevoegdhede en funksies van die polisie bedink het toe die Grondwet opgestel is? Die bevoegdhede en funksies wat die polisie vandag het, is waartoe die Nuwe NP ingestem het. [Tussenwerpsels.] Hy moet ophou kla en die waarheid praat. [Tussenwerpsels.]

Is die agb Minister daarvan bewus dat daardie selfde gemeenskapspolisiringsbeamptes ook reserviste is? 'n Mens het begrip vir die feit dat daardie mense twee werke verrig. Waarom skryf die agb Premier nie aan die agb Minister 'n brief sodat hy aandag kan gee aan wat aan die gang is nie? [Tussenwerpsels.] Ek hoop ek gaan 'n bietjie ekstra tyd kry vanwe die agb Premier se ongeskikte onderbreking van ons toesprake.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Die agb lid mag voortgaan.
*Mnr P C MCKENZIE: Dankie, me die Voorsitter. Nadat die gemeenskapspolisiringsbeamptes hul werk op ons strate verrig het, moet hulle nog steeds gaan en 'n agtuurskof as reserviste voltooi. Dit was nooit die gedagte nie. In die oorspronklike samesprekings was die gedagte dat die tyd wat hulle as gemeenskapspolisiringsbeamptes werk, getel sou word as hul ure as reserviste. [Tyd verstreke.]

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Me die Voorsitter, ek dink dit is kernbelangrik dat, ondanks wat vandag in die Huis ges is, die strategie van die ANC onthul moet word.

Wat die Huis nie altyd in gedagte hou nie, is dat die ANC hier staan en baie dinge s; nie ter wille van die Huis nie, nie eens ter wille van die Hansardverslag nie, maar ter wille van die televisiekameras. [Tussenwerpsels.] Hierdie debatte word direk uitgesaai. Hulle raak derhalwe verskriklike onwaarhede hier kwyt en verwys na situasies wat niks met die werklikheid te doen het nie, asof die mense daar buite dom is. Die feit van die saak is egter dat die mense nie dom is nie. [Tussenwerpsels.] Die mense weet wat die toedrag van sake is. [Tussenwerpsels.]

Ek wil graag met die ANC hieroor praat. Nie een maal tydens hul hele bydrae tot hierdie debat het hulle verwys na die bydrae van die nasionale Regering en sy grondwetlike rol met betrekking tot polisiring in hierdie land nie.

*Mnr M OZINSKY: Ons is tevrede daarmee.

*Die MINISTER: Daardie agb lede is tevrede daarmee?

Me T ESSOP: Ja.

*Die MINISTER: Is hulle tevrede daarmee dat ons 'n krimpende polisiemag het, wat 35% onder sterkte is, ...

*Mnr M OZINSKY: 'n Meer doeltreffende polisiemag. Meer doeltreffend.

*Die MINISTER: ... dat die polisiekantore in Muizenberg en Dieprivier 60% onder sterkte is, dat Nyanga Polisiestasie 19% onder sterkte is, dat 40% van die veronderstelde voertuigvloot nie eens bestaan nie ...

*Mnr M OZINSKY: Rondebosch? Seepunt? Vishoek?

*Die MINISTER: Met respek teenoor die agb lid mnr Ozinsky, dit is my beurt om repliek te lewer. As daardie agb lede tevrede is daarmee, is hulle ook tevrede met die duisende mense wat elke jaar vermoor word. Hulle is heeltemal tevrede ...

*Mnr M OZINSKY: Nee, ons is tevrede met die Regering.

*Die MINISTER: ... met al die vroue en kinders wat elke naweek in hierdie provinsie verkrag en onmenslik behandel word. [Tussenwerpsels.] Hulle is tevrede met die honderdduisende mense wat soos diere behandel word, wie se eiendom gesteel word en van wie alles weggeneem word. [Tussenwerpsels.]

Hulle verwys na my gebrek aan sensitiwiteit ten opsigte van die agtergeblewe gebiede. Daardie mense wat aan hierdie debat deelgeneem het, het geweier om die gebrek aan ondersteuning vir die polisie deur die Sentrale Regering, wat die enigste en alleen verantwoordelike gesag is wat vir die polisie in hierdie land voorsiening maak, te veroordeel. Hul gebrek aan veroordeling vir die gebrek aan ondersteuning vir die polisie in hierdie provinsie is gelyk aan 'n steek in die rug vir die polisie in die provinsie. [Tussenwerpsels.]

*Mnr P C MCKENZIE: Nou is die agb Minister besig om twak te praat, en hy weet dit. Ons het nog altyd die polisie ondersteun.

*Die MINISTER: Nee, hulle het nie. Die rassistiese opmerkings wat deur die agb lid mnr Byneveldt gemaak is ten opsigte van die selektiewe identifikasie van polisiebeamptes en die verwysing na hulle op die naam, waarvan almal betekenisvol toevallig blank is, ... [Tussenwerpsels.] ... was lafhartig en inderdaad van alle moraliteit ontdaan. Hoe kan hy aan die een kant lede van die Diens selektief identifiseer en al die ander ignoreer? Hoe kan hy hulle op daardie wyse veroordeel? Volgens die agb lid mnr McKenzie is ons veronderstel om 'n apolitiese debat hiervan te maak. 'n Mens kan nie op hierdie Jekyll en Hyde manier praat deur aan die een kant te s watter goeie werk hulle doen en hulle aan die ander kant te veroordeel nie.

Ek sou agb lede aan die ander kant van die Huis eerder aanmoedig, indien hulle selfs net 'n ons objektiwiteit in hul pype het, wat ek betwyfel, om my en my departement te toets aan dit waaroor ons gesag het. [Tussenwerpsels.]

Waarom toets hulle ons nie aan dit waaroor ons gesag het nie? Waaroor het ons gesag? Ons het gesag oor die keuse van GPBs. Hulle beskuldig ons daarvan dat ons nie transformasie in die Polisiediens ondersteun nie. Die feit dat ek in 'n aanbevelende hoedanigheid met die transformasie behulpsaam was, is nie ter sake nie. Ek het geen gesag oor die transformasie van die Polisiediens nie. Ek het agter wel gesag oor die keuse van die gemeenskapspolisiringsbeamptes. Van die 300 gemeenskapspolisiringsbeamptes wat ons opgelei het, is 50% swart, 46% bruin en 4% blank. Dit was my keuse.

In my eie departement is 50% vroulik, 50% is manlik en 50% is toevallig anderskleuriges. Die res is blankes. Dit is die lakmoestoets vir dit waaroor ek gesag het. Moet my nie aanspreeklik hou vir transformasie in die Polisie as dit die verantwoordelikheid van Sydney Mufamadi en Steve Tshwete is nie. Dit is hul verantwoordelikheid; niemand anders s'n nie.

Waar ons wel verantwoordelik is ten opsigte van die aanstelling van lede van die polisie, is die aanstelling van die Kommissaris van Polisie vir die Wes-Kaap. Komm Max is die lakmoestoets in hierdie Provinsie.

Ek is veral besorg daaroor dat hulle weer eens met hierdie debat begin het. Buite hierdie Huis, en die mense daar buite sal dit weet, s hulle almal watter fantastiese werk die polisie doen en dat hulle hul projekte ondersteun. In hierdie Huis s hulle egter iets anders ter wille van die mense daar buite. En die mense daar buite moet weet wat hulle s. [Tussenwerpsels.] Die mense daar buite moet weet. [Tussenwerpsels.]

Die agb lid mnr McKenzie praat van die GPBs, terwyl hy van die kantlyn af betrokke was by die oorspronklike gedagte, maar niks met die inwerkingstelling daarvan te doen gehad het nie. Hy het niks met die inwerkingstelling daarvan te doen gehad nie. Hy was voorheen in 'n geringe mate by die idee betrokke. Hy, sowel as een van die vorige sprekers, praat hier oor waar hierdie mense ontplooi is. Die feit van die saak is dat indien hulle weet waaroor die GPB-kontrak gegaan het, hulle sou begryp het dat wie ook al die GPBs borg, bepaal waarheen hulle gaan.

*Mnr S E BYNEVELDT: U dien op die raad.

*Die MINISTER: Nee, ek dien nie op die raad nie. Ek dien nie op die raad van die GPBs nie, mnr Douw Steyn verteenwoordig die departement op die raad. [Tussenwerpsels.] Daardie agb lid het ges dat ek op die raad dien. [Tussenwerpsels.]

Kom ons kyk weer eens na die lakmoestoets. Kom ons kyk na die lakmoestoets. Waar ons 'n invloed oor die borge het, soos plaaslike owerhede en die KMR wat R5 miljoen bygedra het, het ons samesprekings gevoer en die oorgrote meerderheid van die GPBs wat deur hulle geborg word, is in die gebiede wat geraak word. Ons verstandhouding met die KMR was dat ons slegs hul geld wil h solank hulle begryp het dat die meeste van die GPBs waarvoor hul geld betaal na die minderbevoorregte gebiede sou gaan. Daaroor het ons gesag. Maar ons het geen gesag oor waar Metrorail die mense wil ontplooi wat hulle geborg het nie. Ons het geen gesag oor privaatinstellings en belastingbetalersverenigings nie. Dit is vir hulle om te besluit waar hulle hul GPBs wil ontplooi. Dit bewys dat daardie agb lede nie die stelsel verstaan nie.

Boonop praat hulle van 'n gebrek aan kordinasie, van verskillende owerhede en sake van daardie aard. Hulle het oor verkeerspolisie en GPBs gepraat. Hulle praat inderdaad nrens oor die Sentrale Regering, wat in die eerste plek veronderstel is om die polisiring te doen, nie. Dit is alles buitengewone pogings deur die burgerlike samelewing hierdie om hulself te beskerm omdat die ANC-Regering nie bereid is om hom te beskerm nie, hoewel dit hul verantwoordelikheid is om dit te doen.

*Mnr C M DUGMORE: Dan moet u bedank.

*Die MINISTER: Nee, ons vaar op die oomblik buitengewoon goed. Het daardie agb lid nie na die openingstoespraak geluister nie? [Tussenwerpsels.]

Die agb lid mnr Silke het na die rol van Justisie en Korrektiewe Dienste in die strafregstelsel verwys. Hy is volkome reg; ons ondervind tans 'n groot probleem. Die Strafproseswet bepaal dat 'n persoon wat in hegtenis geneem is, die verantwoordelikheid van die polisie is tot op die tydstip wanneer hy gevonnis word, waarna hy die verantwoordelikheid van Korrektiewe Dienste word. Ons moet derhalwe beskerming vir hierdie gevangenes by die howe bied.

Soos die agb lid goed weet, is die Departement van Justisie op die oomblik totaal onderbefonds. Hy sit met 'n groot agterstand en ek is bevrees dat ek moet s dat daar ook 'n groot gebrek aan kordinasie tussen die Departement van Justisie en die Polisie is. Die Departement van Justisie het onlangs vyf satelliethowe geopen, sonder om die moeite te doen om die polisie te nader om mannekrag te verskaf vir die veiligheid van die gevangenes. Dit is nie die manier om saam te werk nie. Dit is waarom meer as 100 polisiebeamptes van die Kaapstad Sentrale Polisiekantoor op 'n daaglikse grondslag aangewend word om gevangenes te bewaak, in plaas van om patrolliediens te doen. As gevolg hiervan word dit nou deur GPBs in die belangrikste strate van Kaapstad gedoen. Dit is heeltemal onaanvaarbaar en ek is bevrees dat dit net nog 'n nalatenis is van 'n begroting wat die strafregstelsel onderbefonds.

Ek is gevra of daar kordinasie tussen die verskillende departemente is. Natuurlik is daar kordinasie, veral ten opsigte van die mishandeling van bejaardes. Ons werk baie nou met Maatskaplike Dienste saam oor hierdie saak. Die MADAM-struktuur is daar as 'n kordinerende liggaam.

Ek is gevra waarom MADAM 'n lae profiel handhaaf. Die feit van die saak is dat MADAM nie veronderstel is om 'n ho profiel te handhaaf nie. Dit is 'n kordinerende liggaam onder voorsitterskap van die Direkteur-generaal. Die hoofde van daardie departemente wat 'n rol vervul in maatrels ter voorkoming van maatskaplike misdaad dien ook in daardie liggaam. Dit is nie veronderstel om as sodanig publisiteit te skep nie.

Die agb lid mnr Lewis het na die stabilisering van gemeenskappe verwys. Hy is heeltemal reg. Die Polisiediens en Weermag is daar om stabiliserende meganismes te skep, maar stabilisering is nie normalisering nie. Dit is twee heeltemal verskillende konsepte hierdie. Dit is waarom daar noue samewerking tussen ons as burgerlike samelewing en die veiligheidsmagte moet wees. Hulle sal die stabilisasie teweeg bring. Dit word oorgelaat aan die burgerlike samelewing, en meer spesifiek aan die gemeenskappe self, om die toedrag van sake te normaliseer.

Die agb lid se opmerkings oor behoeftebepalings is wel korrek. Ek dink egter dat ek in my aanval op die ANC klaar daarna verwys het dat die oorgrote meerderheid van die hulpbronne reeds in die gebiede is waar misdaad die meeste voorkom. Dit is waarom Muizenberg en Dieprivier 60% onderbeman is, en Nyanga slegs 19%.

Ek bedank die agb lede mnre Gelderblom, Louis en Williams vir die mooi woorde van aanprysing. Ek dink die agb lid mnr A J Williams het miskien 'n bietjie ver gegaan; ek moet s ek hoop dit beteken nie die dood in die pot nie!

Die agb lid mnr A J Williams het beslis gepraat soos 'n oudonderwyser wat baie omgee vir sy leerlinge. Die feit bly dat die stokkiesdraai-beamptes van die eerstes was wat in die slag gebly het toe die Onderwysbegroting besnoei is. Dit is 'n groot probleem. Stokkiesdraai geniet egter aandag in samewerking met die agb Minister van Onderwys en verskeie departemente, veral tans met die loodsprojek, wat in Manenberg is.

*Hy het ook oor die rol van ouers gepraat. Ek weet dat die agb Minister van Onderwys baie hard probeer om ouers, onderwysers en gemeenskapstrukture betrokke te kry by die voorkoming van vandalisme by skole. Dit is 'n ernstige probleem. In alle eerlikheid moet ek egter s dat dit vir die polisie 'n absoluut onbegonne taak is om al die skole op te pas. Hulle kan in baie opsigte tans nie eens die noodsaaklike dienste op straat verrig nie.

Die agb lid mnr Gelderblom het na die veediefstal, veral van volstruiseiers en -kuikens, in die Oudtshoorn-omgewing verwys. Ek sal definitief 'n draai daar maak en met die boere gaan praat.

Ter afsluiting van hierdie debat, dit is 'n groot jammerte dat die ANC dieselfde trant gevolg het as voorheen. Om my persoonlik aan te val, is geen probleem nie; ek kan dit verduur. Om egter te s dat die departement of die polisie min doen omtrent sekere sake en om my en hulle te blameer, ... [Tussenwerpsels.] ... is net om die mense te verwar. 

Me die Voorsitter, kan ek 'n bietjie beskerming kry, asseblief?

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Ek het agb lede voorheen versoek om nie lang tussenwerpsels te maak nie. Die volgende keer wat 'n agb lid 'n paragraaf tussenwerpsels gaan maak, sal ek daardie agb lid uit die Huis laat verwyder. Die agb Minister mag voortgaan.

*Die MINISTER: Dankie, me die Voorsitter.

Ek wil net weer 'n pleidooi rig, veral tot die agb lede aan die ander kant van die Huis. Om verwarring onder die mense te saai, benvloed die mense in uniform. Dit raak hul vermo om hul taak te verrig. Daardie agb lid moet nie sy kop skud nie; dit is waar. Hy moet nie sy kop skud nie; hy weet nie waaroor dit gaan nie. As hy weet in watter benarde situasie die polisie in hierdie provinsie hulle bevind om hul basiese taak te verrig, soos die spanning waaronder polisiegesinne tans gebuk gaan en die toenemende selfmoordneigings onder hulle vanwe die stres waaronder hulle verkeer, sal hy nie sy kop skud nie. Elke negatiewe woord wat daardie agb lede s, veral as dit in die openbaar gedoen word soos daardie agb lid gedoen het, al is dit soms waar, het 'n invloed op hul vermo om hulle taak te verrig. Dit raak nie net hul vermo om hul taak te verrig nie, maar ook die opvatting wat die gemeenskap omtrent hulle het, wat hulle belemmer om hul take te verrig. 

Daardie agb lede is leiers van gemeenskappe; hulle het self so ges. As hulle bloot op die televisiekameras ingestel is, en hulle val my en die polisie aan, verwar hulle net die gemeenskap, want die gemeenskap daar buite weet dat ek baie werk in die gemeenskap doen. Al wat hulle daarmee bereik, is om die gemeenskap te verwar, en dan versuim die gemeenskap om inligting aan die polisie te verstrek wat tot suksesvolle operasies sal lei.

Ek versoek daardie agb lede beleefd om hierdie hoogs onverantwoordelike optrede te staak. As hulle by die liggame van polisielede moet gaan staan, ... [Tussenwerpsels.] ... soos wat ek moet doen, en die weduwees van die polisielede wat gesterf het in die uitvoering van hul pligte moet besoek, soos baie van hulle ook by slagoffers en familielede van slagoffers besoek afl, sal hulle dan nog dink dat dit iets is wat ons moet uitbuit? Dink hulle dit is 'n area wat ons moet uitbuit?

Ek vra hulle mooi, kritiseer ons regverdig op die terreine waar dit hoort. Doen dit. Ek sal met graagte pa staan vir elke aspek van my departement. Los asseblief die polisie en die siening wat die gemeenskap van die polisie het uit. [Tussenwerpsels.]

Debat afgesluit.

Begrotingspos 9 - Sport en Ontspanning:

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Me die Voorsitter, ek is bevrees dat hierdie toespraak selfs langer is as die vorige een. Ek wil nou met hulle "sports" maak. [Gelag.]

*Mnr C M DUGMORE: Moet nie weer die Grondwet aanval nie.

Die MINISTER: Ek was nie bewus daarvan dat ek die Grondwet tydens die vorige toespraak aangeval het nie. Ons kan in elke geval nie ernstig raak terwyl my amptenare inkom nie.

Mnr R J KING: Moet u nie aan die agb lid mnr Dugmore steur nie. Sy kop is in elk geval die afgelope tyd deurmekaar.

*Die MINISTER: Ek het nog altyd gewonder of 'n wittebrood onder die onderwerp ontspanning ressorteer. [Gelag.] Die toespraak sal derhalwe op die agb lid mnr Dugmore gerig wees. [Gelag.] [Tussenwerpsels.]

Me die Voorsitter, daar is twee belangrike beleidsoogmerke vir die Departement van Sport en Ontspanning vir hierdie boekjaar, asook vir die volgende boekjaar.

Die eerste oogmerk is om die ontwikkeling van sport en ontspanning in hierdie provinsie op alle vlakke te bevorder, met spesifieke klem op landelike en agtergeblewe gemeenskappe, vroue en gestremdes. Ons sal dit doen deur die sportfederasies in die provinsie te ondersteun, plaaslike owerhede by te staan met die opgradering en oprigting van nuwe sportgeriewe en die ontwikkeling van uitmuntende atlete op provinsiale en nasionale vlak aan te moedig om verteenwoordiging te verbeter.

Die tweede oogmerk is om deelname aan sport en ontspanning deur alle ouderdomsgroepe, van skoolkinders tot senior burgers, aan te moedig om gesonde lewensstyle, sportmanskap en spangees te bevorder en 'n alternatief vir misdaad, dwelms en bendebedrywighede te bied. Ons sal dit doen deur gemeenskaps-, somer- en winterspele, veral in agtergeblewe gebiede, te rel. Om die waarheid te s, tot dusver is al hierdie aktiwiteite in agtergeblewe gebiede gehou.

Ons sal ook die Veilige Hawens en ander Sport Teen Misdaad-inisiatiewe ondersteun en nou saamwerk met die Departement van Gemeenskapsveiligheid, veral ten opsigte van Projek Chrysalis, wat sportafrigters sal voortbring. Ons sal plaaslike sportforums bystaan in hul pogings om sport in hul gemeenskappe te bevorder.

Ons sal ook bydra tot ekonomiese groei in die provinsie deur sporttoerisme te bevorder. Dit sal deel uitmaak van die ontwikkeling van die Wes-Kaap as die sportmekka van Suid-Afrika. Ek is redelik oortuig daarvan dat hierdie provinsie oor die vermo beskik om sportgewys die nommer een provinsie in die land te word.

Met ander rolspelers sal ons voorts nasionale en internasionale sportgebeure aanbied. Prestasies oor die afgelope jaar deur die Departement van Sport en Ontspanning was nogal aansienlik. Ons het al die belangrike oogmerke bereik wat ons vir onsself tydens die boekjaar gestel het. Dit het die finansiering van 60 sportkodes ingesluit, wat bygestaan is met programme om te verseker dat meer mense in die Wes-Kaap aan sport kan deelneem, veral diegene uit agtergeblewe gemeenskappe. Hierdie finansile bystand het in totaal R1,515 miljoen bedra. By hierdie bedrag is R650 000 ingesluit vir die Wes-Kaapse Sportakademie (Weksa).

Die departement het geslaagde somer- en winterspele in agtergeblewe gemeenskappe in die Wes-Kaap aangebied, wat tydens die Junie- en Desember-skoolvakansies bykans 12 000 deelnemers bereik het. Hierdie program is gerugsteun deur gereelde maandelikse sportbedrywighede, wat ook as gemeenskapspele bekend staan, in hierdie gemeenskappe in die tydperk tussen skoolvakansies. Gebiede wat op hierdie wyse gedien is, was Bishop Lavis, Khayelitsha, Manenberg, Ocean View, Langa, Guguletu, Mfuleni, Mitchells Plain, Grassy Park, Houtbaai, Parkwood en Ottery - geen Bishopscourt nie, geen Rondebosch nie, geen Nuweland nie, geen Wynberg nie.

Ek dink daar was in totaal 17 projekte. Twaalf plaaslike owerhede is bygestaan met die opgradering en ontwikkeling van basiese sportgeriewe. Hierdie geriewe is buite die Kaapse Metropool gele, waar die behoefte aan ontwikkeling die grootste is. Ek dink dit het op 'n bietjie meer as R600 000 te staan gekom.

Boonop het die direktoraat 'n indeks van alle beskikbare geriewe op 'n databasis voltooi, wat 'n aanduiding gee van waar en watter sportgeriewe in die provinsie beskikbaar is. Hierdie databasis toon dat hoewel daar numeries per capita genoeg geriewe is, dit nie gelykmatig versprei is nie. Hierdie inligting sal gebruik word in toekomstige besluite rakende die ontwikkeling van geriewe vir sport en ontspanning. 'n Totaal van R1 miljoen is vir hierdie toewysing begroot.

Ons het ook die Wes-Kaapse Sportakademie oor die afgelope jaar suksesvol heringestel. Na 'n proses van openbare deelname is 'n nuwe raad onder dr Liz Bresson van die Universiteit van Stellenbosch aangestel om Weksa se sake te behartig.

In die 1999-2000-boekjaar is 15 sportkodes bygestaan met die aanbieding van nasionale en internasionale byeenkomste, met inbegrip van die volgende: die ABSA nasionale atletiekreeks; die SA judo nasionale byeenkoms in die Boland; SAFV, met vrouesokker en die Nederlandse nasionale span; 'n internasionale karatewedstryd tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland; die SA nasionale kampioenskap in figuurskaats; 'n interstreek-basketbaltoernooi; SA seiljagvaart is bygestaan met die 2000 Kaap na Rio-wedren; internasionale draakbootwedstryde; die Westelike Provinsie onder-17 interprovinsiale sokkerkampioenskap; jeug-seiljagvaartkampioenskappe; en die internasionale reeks van Westelike Provinsie hokkie.

Agb lede sal merk dat baie van hierdie projekte om toerismeverwante sportgebeure draai. Na my mening is sporttoerisme 'n belangrike verskaffer van inkomste vir hierdie provinsie. 'n Bedrag van R450 000 is toegeken vir belangrike sportbyeenkomste in die provinsie met die oog op die voormelde.

In die Desember-Januarie-skoolvakansie het my direktoraat ook die Veilige Hawens-projek geslaagd aangebied, wat jong mense in verskeie sportsoorte in 'n veilige omgewing opgelei het, onder polisietoesig, normaalweg in samewerking met plaaslike gemeenskapspolisiringsforums. Ek het persoonlik een of twee van hulle bygewoon, soos 'n vlugbalbyeenkoms in die New Way-sentrum in Khayelitsha, waar ons meer as 600 deelnemers gehad het. Hierdie spesifieke program het 6 000 jong mense geraak wat deelgeneem het, en die koste vir die departement het R50 000 beloop. Ons sal in die komende jaar met hierdie program voortgaan.

Voorbereiding van die Athlone Stadion vir die 2006 Wreldbekerbod verloop goed. Die direktoraat, soos agb lede weet, dra R8 miljoen by hiertoe, wat oor twee jaar versprei is, en ons sal vanjaar dus R4 miljoen aan die projekkordineerders gee.

Hierdie prestasies het 'n gesonde grondslag gevorm vir verdere ontwikkelingsprogramme en -projekte vir die 2000-01-boekjaar. In die komende jaar sal my departement weer eens betrokke wees by maatskaplike opheffingssportprogramme, met inbegrip van die somerspele, ontspanningsprojekte, die Veilige Hawens-projekte en gemeenskapspele, waarna ek reeds verwys het. Ons begroot R80 000 vir die winter- en somerspele.

Nog 'n kenmerk van die komende jaar is dat die Departement van Gemeenskapsveiligheid 'n Chrysalis-projek sal loods om jong mense in risiko te ontwikkel en hulle te voorsien van lewensvaardighede, veral di in sportafrigting. 'n Paar van di wat die program suksesvol voltooi, sal deur die Departement van Sport in diens geneem word en hul dienste en vaardighede sal aangewend word in verskillende menslike hulpbronontwikkelingsprojekte wat spesifiek by skole en baie kampe regoor die provinsie aangebied sal word.

Ons het ook begin met 'n strategie vir belangrike gebeure om belangrike sportgebeure aan te lok, nasionaal sowel as internasionaal. Dit is uit 'n ekonomiese oogpunt belangrik om die profiel van die streek te verhoog ten einde die kapitale invloei na die provinsie se ekonomie uit te bou.

Ons gerieweprogram sal voortgaan om te konsentreer op gebiede buite die Metropolitaanse gebied om te verseker dat die basiese sport- en ontspanningsgeriewe beskikbaar gestel word aan die armste gemeenskappe terwyl ons terselfdertyd sal verseker dat die opgradering van die Athlone Sokkerstadion voltooi sal word. Al hierdie programme en projekte sal daarop gemik wees om die lewensgehalte van die mense van die Wes-Kaap te verbeter.

In hierdie stadium wil ek s dat 'n gebied soos Oudtshoorn, met sy fantastiese sportinfrastruktuur, homself uitmuntend sou leen tot 'n winteroefengerief vir Europese lande. Dit is een van die projekte wat ons sal loods. Ons sal uitvind waar geriewe is wat mekaar aanvul, veral in landelike gebiede, en ons sal daardie munisipaliteite help om dit in 'n bemarkbare pakket saam te voeg wat ons hulle sal help om oorsee te bemark.

Onlangse ontwikkelings in die Suid-Afrikaanse Sportkommissie regverdig 'n paar opmerkings. Hierdie gebeure het 'n direkte invloed gehad op die wyse waarop sport georganiseer word en moes gelei het tot die amalgamasie van die Nasionale Sportraad (NSR) en die nasionale Departement van Sport en Ontspanning. Die kommissie is op 1 September 1999 gestig, maar het net een formele vergadering gehou. Dit is die voorneme van die nasionale Minister om die grootte van die kommissie te verklein en om die meeste van die beleidmakende en besluitnemende bevoegdhede in sy Ministerie en die kerndepartement te behou.

Hierdie konsepveranderinge vereis wysigings aan die toepaslike wetgewing en dit sal 'n tydjie in beslag neem. Intussen funksioneer die kommissie nie. Hierdie toedrag van sake is nie gesond vir hierdie land nie. Agb lede het my versekering dat my direktoraat intussen 'n vergadering sal aanbied van alle sportkodes in die streek om die toekoms van die NSR in die Wes-Kaap en die rol daarvan ten opsigte van die departement en sportkodes te bespreek. Ek is hoegenaamd nie van plan om die NSR te ontbind voordat daar 'n werkbare keuse is nie, want ek is nie bereid om kontak met die sportkodes te verloor nie. Die uitslag van hierdie samesprekings sal 'n duidelike mandaat aan sportorganisasies gee om hul onderskeie rolle op 'n sinvolle en opbouende wyse te vervul.
Daar is 'n grys area oor wie verantwoordelik is vir skoolsport. Ek sou graag hierdie geleentheid wou gebruik om aandag te gee aan 'n saak wat groot kommer wek by almal van ons wat glo, en ek is vas daarvan oortuig, dat sport en ontspanning, met ander woorde, nie-mededingende sport, op skoolvlak 'n kernbelangrike faktor is in nie net die holistiese ontwikkeling van 'n kind nie, maar ook in die handhawing van ons internasionale posisie ten opsigte van sport en in die bewerkstelliging van verteenwoordiging op alle vlakke van sport. My direktoraat is aktief betrokke by pogings om verskeie probleme op te los om die rolle en verantwoordelikhede van alle belanghebbendes duidelik te omskryf.

Daar is tans drie hoofagentskappe betrokke op die terrein van skoolsport. Dit is die Wes-Kaapse Onderwysdepartement, die Verenigde Skolesport Vereniging van Suid-Afrika, bekend as USSASA, en die Wes-Kaapse Departement van Sport en Ontspanning.

USSASA geniet die voordeel van R100 000 per jaar van die departement, wat ons aan hulle gee om hul sake te bedryf. Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement aanvaar die verantwoordelikheid vir liggaamlike opvoeding, maar nie alle skole bied liggaamlike opvoeding aan nie, hoewel dit verpligtend is in die leerplan. Dit is my standpunt dat die WKOD meer moet doen om die vak in te sluit ten einde 'n gesonder en meer doelgerigte leerderbevolking te verseker. Hulle het ook my versekering dat Sport en Ontspanning alles in hul vermo sal doen om hulle te help om hierdie doel te bereik.

Navorsing het getoon dat daar 'n direkte verband tussen 'n onaktiewe lewenstyl en gesondheidsprobleme is. As ons nie verseker dat ons kinders in hul vormingsjare fisies aktief is nie, sal hulle nie 'n kultuur van liggaamlike oefening ontwikkel nie en ons sal in toekomstige jare die prys betaal deur middel van toenemende behoeftes aan duur gesondheidsorg. Daar is ook empiries bewys dat kinders wat liggaamsopvoeding op skool neem, ook 'n groter aandagvermo het wanneer dit kom by die inneem van skoolwerk en hulle is ook meer gehoorsaam. Dit is tans 'n groot probleem by alle skole.

Ten tweede is USSASA verantwoordelik vir die rel van skoolsportligas en kompetisies, terwyl die slawearbeid deur 'n toegewyde groepie onderwysers verrig word. Die organisasie ondervind baie probleme, want nie al die skole in die streek is by die strukture ingelyf nie. Daar is kapasiteitsprobleme wat van tyd tot tyd opduik, hoofsaaklik van onderwysers met Sadou-opdragte.

My direktoraat is voorts slegs betrokke by skoolsport in die mate dat hy oordragbetalings aan USSASA maak en aan die logistieke kant, waar moontlik, met toernooie help en poog om enige geskille op te los wat kan ontstaan. Ek is egter heeltemal bereid om meer betrokke te raak as dit 'n verbetering sal beteken.

Die oorhoofse situasie is derhalwe nie gesond nie en ek wil aankondig dat ek 'n skoolsportbeleidskomitee in die lewe geroep het om sodanige beleid tydens 2000 aan die Provinsie te lewer. Hierdie komitee sal bestaan uit verteenwoordigers van die WKOD, USSASA en die Departement van Sport en Ontspanning, saam met 'n paar nie-regeringsportorganisasies wat 'n positiewe bydrae kan lewer.

Daar sal wyd debat gevoer word deur alle belanghebbendes voor die konsepbeleid gefinaliseer word en dit sal leiding verskaf oor die pad vorentoe op die gebied van skoolsport. Dit sal kernbelangrik wees as ons op hierdie terrein 'n invloed wil uitoefen. Ons werk nou saam met die nasionale en ander provinsiale departemente oor hierdie saak om 'n eenvormige oplossing vir 'n baie ingewikkelde probleem te vind.

Ten slotte is dit gebiedend noodsaaklik dat die rol van sport en ontspanning in die ontwikkeling van mense erken en aanvaar moet word. Suid-Afrika het die reputasie as 'n land van sportliefhebbers. Om die waarheid te s, ons is inderdaad 'n nasie van leunstoel-sportliefhebbers. Minder as 10% van ons bevolking neem aan formele sportbedrywighede deel. Dit is 'n statistiek wat ons moet verander. Hierdie naweek sal 35 000 mense aan die Argus Fietstoer deelneem. Ons moet probeer om elke sportkode aan te moedig om 'n massa deelname geleentheid soos hierdie te h.

Dit is my hartewens dat die pogings van my direktoraat baie sal doen om te verseker dat alle mense in ons provinsie aktief betrokke raak by sport en ontspanning. Ek vertrou dat die Huis ons werk sal ondersteun.

In hierdie stadium wil ek my departement bedank vir hul onvermoeide pogings. Vir 'n klein departement met 'n klein begroting is die uitset inderdaad besonder hoog. Ek wil veral hulde bring aan dr Kane-Berman, wat binnekort sal aftree. Dr Kane-Berman het 'n voortreflike loopbaan in diens van ander gehad. Sy verlaat ons as die mees senior vroulike staatsamptenaar in hierdie Provinsie. Dit sal moeilik wees om 'n meer toegewyde en harder werker op enige plek in hierdie Provinsiale Administrasie te kry. Ons is baie dank aan haar verskuldig. Ek wil ook my persoonlike dank teenoor haar betuig vir die wyse waarop sy my met my taak gehelp het. Ek wens haar 'n welverdiende ruskans toe.

Mnr A J WILLIAMS: Mnr die Voorsitter, as voorsitter van die Staande Komitee oor Onderwys, Omgewing- en Kultuursake wil ek die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning en die personeel van die Direktoraat: Sport en Ontspanning gelukwens met hul werksaamhede in die Provinsie.

Ek was bevoorreg om van hierdie direktoraat se projekte by te woon wat in die gemeenskappe aangebied is. Dit is verblydend om te sien dat die personeel van di direktoraat so ernstig is met die bevordering en ontwikkeling van sport en ontspanning in die provinsie.

*Die Provinsiale Regering kom te staan voor huidige prioriteite wat aandag moet geniet in gesondheid, welsyn, onderwys, veiligheid en sekuriteit. Ek glo egter dat die voldoening aan daardie prioriteite nie beteken dat sport en ontspanning tot 'n minder belangrike prioriteit afgeskaal moet word nie. Sport en ontspanning moet 'n belangrike aspek van ons pogings wees om die lewensgehalte van al ons mense te verhoog, veral van die voorheen benadeelde sektor.

Die direktoraat het baie van sy energie en beperkte finansile hulpbronne vir hierdie doel aangewend. Daar is genoeg getuienis dat baie van die inisiatiewe van die direktoraat in verskeie gemeenskappe baie geslaagd was.

Dit is vir my verder verblydend om te kan s dat die direktoraat aktief besig is met die aanbieding van sport- en ontspanningsaktiwiteite in die agtergelate gemeenskappe. Verskeie programme word jaarliks in die gemeenskappe geloods. Daar word veral klem gel op die aanbied van sport- en ontspanningsgemeenskapsfeeste, gemeenskapsportprojekte, somer- en winterspele, en jeugkampe waar vrywilligers opgelei word om die direktoraat te help om sodoende in samewerking met die direktoraat programme in die gemeenskappe aan te bied.

Ek sal my plig versuim as ek nie die agb Minister en sy departement gelukwens met die wyse waarop hulle sport ook gebruik as 'n meganisme om misdaad te voorkom nie. In di opsig behaal die agb Minister weer eens sukses met die kombinering van sy twee portefeuljes.

*Meneer, die gemeenskapspeleprojekte is verlede jaar suksesvol in verskillende gemeenskappe in die Wes-Kaap geloods. Die gemeenskappe van Grassy Park, Guguletu, Mfuleni, Matroosfontein, Manenberg, Ocean View, Houtbaai, Langa, Nyanga, Khayelitsha, Driftsands, Philippi en Bishop Lavis, onder meer, het projekte gehad waar kinders en gesinne gekom het om deel te neem aan sportbedrywighede wat aangebied is.

Die Sport Teen Misaad-veldtog help ook baie suksesvol in die stryd teen misdaad, soos ek voorheen ges het. Die direktoraat, in samewerking met die nasionale Departement van Sport en Ontspanning, het twee projekte in Ocean View en Mfuleni gehad wat honderde kinders gelok het wat aan die projekte deelgeneem het. Ek glo dat die direktoraat deur hierdie poging 'n positiewe alternatief vir ons jeug sal bied.

Al die projekte en programme van die direktoraat draai rondom die teen-misdaad-veldtog. Dit is inderdaad 'n positiewe inisiatief.

Mnr die Voorsitter, ek wil graag vandag alle sportadministrateurs bedank vir wat hulle vir sport in Suid-Afrika beteken. Hulle is die mense wat baie keer oor die hoof gesien word, omdat die aandag net op die sport gefokus is en nie op die administrateurs wat verantwoordelik is vir die sukses wat daardie sport behaal nie.

Ongeveer 99% van al die sportadministrateurs in Suid-Afrika is vrywilligers. Met ander woorde, hulle is onbetaalde beamptes wat diens doen in klubs en federasies vir die liefde van die sport. Hul lede verwag dat hulle ten alle tye en onder moeilike omstandighede professionele diens lewer en, bowenal, in hul vryetyd.

Ek is bewus dat die agb lid mnr N M Isaacs, met sy gebrek en al, steeds aktief betrokke is by die organisering van sportaktiwiteite in sy gemeenskap. Ek wil hom verseker ek het die grootste en hoogste waardering daarvoor.

'n AGB LID: Hoor, hoor!

Mnr A J WILLIAMS: Hy moet voortgaan met die goeie werk wat hy in daardie gemeenskap lewer.

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Mnr A J WILLIAMS: Die omstandighede waaronder administrateurs gebuk gaan, sal ongelukkig nie binnekort in die land of in die res van die wreld verander nie.

Mnr die Voorsitter, ek wil verder hulde bring aan hierdie vrywillige beamptes - die voorsitters, sekretarisse, tesouriers, skeidsregters en afrigters. Noudat ek praat van skeidsregters, in ons geledere sit 'n skeidsregter van internasionale faam, die agb lid mnr E Isaacs. [Tussenwerpsels.] Hulle vorm die rugstring van die sport in Suid-Afrika, waarop ons internasionale sukses gebaseer is. Ek dink byvoorbeeld aan die internasionale sukses wat Herschelle Gibbs vanoggend behaal het toe hy 'n baie pragtige honderdtal aangeteken het ...

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Mnr A J WILLIAMS: ... in die wedstryd teen Indi.

Ongelukkig konsentreer die media net op sportsoorte met 'n ho profiel, en kry die sportadministrateurs - of soos hulle in die volksmond bekend staan, die "officials" - so min erkenning. Hulle kry baie min krediet en geen erkenning word vir uitstekende diens gegee nie. Ek wil dit beklemtoon dat dit deur hulle bydraes is dat ons sportmanne en -vroue sukses behaal en dat daar geleenthede geskep word vir die elite-sportlyn.

Die uitdagings wat ons administrateurs in die gesig staar, is dat hulle moet voor bly met nuwe ontwikkelinge en deurentyd hul kennis en vaardighede moet hernu, sodat hulle wel in die posisie is om aanmoediging en hulp aan die sportlui te verskaf op alle vlakke - plaaslik, provinsiaal en internasionaal.

Ons land en ons sportlui is in der waarheid baie dank aan die vrywillige beamptes verskuldig vir die onselfsugtige bydrae wat hulle tot die ontwikkeling van sport en ontspanning lewer. Hulle is die duisende gesiglose beamptes wat ure van hul vryetyd afstaan om te verseker dat ons klubs en federasies bly voortbestaan. As dit nie vir hulle was nie, sou daar nie die sukses gewees het wat ons sportsoorte behaal nie.

Skoolsport is 'n bron van kommer. Ek wil graag by die agb Minister aansluit. Ek wil hom bedank vir die fondse wat sy departement aan USSASA beskikbaar stel. Ek wil ook my dank en waardering uitspreek teenoor die talle onderwysers wat groot offers bring in die afrigting van die kinders.

Meneer, ek dink egter die tyd het aangebreek dat ons in hierdie Huis, as ons ook werklik 'n bydrae wil lewer, afrigtingsklinieke bywoon.

*Die TYDELIKE VOORSITTER (Mnr C M Dugmore): Orde! Die agb lid se tyd is ongelukkig verstreke. Hy kan 'n slotopmerking maak.

Mnr A J WILLIAMS: Mnr die Voorsitter, dankie vir die geleentheid om my toespraak af te sluit.

*Die TYDELIKE VOORSITTER (Mnr C M Dugmore): Die agb lid moet nie van die geleentheid misbruik maak nie. [Gelag.] Hy moet sy toespraak afsluit.

Mnr A J WILLIAMS: Meneer, ek dink die tyd het aangebreek dat ons afrigtingsklinieke bywoon en ons die skole in ons gemeenskappe assisteer met die afrigting van sport. Ek sien al vir die agb Leier van die Opposisie met die krieketkolf waar hy die leerlinge help afrig vir die Krieketminuut. [Tyd verstreke.]

*Die TYDELIKE VOORSITTER (Mnr C M Dugmore): Orde! Ek bedank die agb lid mnr A J Williams. Ek is seker dat sy lof vir die afrigters en skeidsregters nie strek tot by die Indiese skeidsregter wat 'n kort rukkie gelede 'n foutbal van Shaun Pollock se boulwerk geroep het nie. [Tussenwerpsels.]
*Mnr Z C STALI: Mnr die Voorsitter, ek wil ook die amptenare bedank omdat hulle met 'n klein begroting baie goeie werk doen. Hulle het daarin geslaag om met dit alles na vore te kom, met 'n klein begroting en 'n baie klein personeel. Ten minste het hulle daarin geslaag om met 'n sakeplan na vore te kom, anders as ander Ministeries wat nie so 'n plan het nie. Hulle het ook daarin geslaag om met 'n databasis van geriewe na vore te kom. Dit is ook goed om te hoor dat PPS fondse vir die departement en vir sportinstellings skep.

Dit geskied egter alles teen die agtergrond van transformasie op nasionale vlak. Suid-Afrika het tot internasionale sport teruggekeer vanwe die ANC-regering se nasionale beleid. Dit het ingesluit dat spanne verteenwoordigend gemaak word, daar billikheid van hulpbronne en geriewe is en aandag gegee word aan sosio-ekonomiese probleme deur middel van sport en om kinders van die strate af te kry.

Dit is goed en wel om van steun vir die Sportfederasie te verneem, maar die klem moet daarop wees om dit wat gedoen is aan diegene wat reeds goed georganiseer en goed voorsien is, ongedaan te maak. In plaas van om plaaslike owerhede by te staan met die opgradering van bestaande geriewe, sal dit hoog op prys gestel word as 'n oudit ten opsigte van geriewe gedoen kan word. Dit sou ons in staat stel om presies te weet waar daardie geriewe benodig word. Dit is omtrent tyd om ons klem te verskuif na daardie gebiede waar daar 'n werklik behoefte aan hierdie geriewe bestaan.

Die agb Minister moet met die agb Minister van Onderwys praat om die skole op te gradeer, sodat hulle sy planne kan akkommodeer. Dit is nutteloos om van skoolsport te praat as die toestande ontoereikend is.

Ons sal nie ophou om rassisme in hierdie Huis te bestry nie. Ek is seker die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme sal hiervan hoor, want hy het altyd 'n probleem daarmee as ons rassisme bestry. Ons sal nie ophou om dit te doen terwyl ons kinders nog in die strate speel en kinders van agb lede aan daardie kant die vrug van apartheid geniet nie. Ons sal nie ophou om in hierdie Huis, "Rassisme!", te skree terwyl ons kinders nog op donker sportvelde speel terwyl hulle kinders onder spreiligte op groen gras oppervlakte speel nie.

Ek verstaan dat daar tans nog verwarring bestaan oor wie se verantwoordelikheid skoolsport is, soos die agb Minister nou ges het. Ek is egter van mening dat die agb Minister ook 'n mate van inisiatief hieromtrent moet neem. Sy departement word ook geraak. Dit is sy verantwoordelikheid om met daardie mense te gaan sit wat ook geraak word en na vore te kom met 'n oplossing om aandag te gee aan hierdie saak.

Dit is ook frustrerend om net elke keer hieroor te praat en te praat, maar ons sien geen optrede nie. Daar is hoegenaamd geen aanduiding van geld wat aan hierdie kode gegee word nie. Ons moet sport en toerisme prioritiseer deur meer fondse daarvoor beskikbaar te stel.

Ons is bly om te verneem dat daar beweging is ten opsigte van die geriewe, soos die opgradering van die Athlone Stadion, maar ek is van mening dat meer aandag gegee moet word aan MIV/Vigs. Sportsterre soos Herschelle Gibbs en ander waarvan ons praat moet hierheen gebring word sodat hulle 'n boodskap oor MIV/Vigs aan ons kinders kan oordra. Ons moet gebruik maak van sportsterre, soos nasionale spanne wat in Kaapstad kom deelneem. Ons moet hulle na ons townships neem om oor MIV/Vigs te praat.

Die agb Minister het 'n belofte oor die opening van streekkantore gemaak. Ons wil weet waar hulle is en wanneer hulle geopen sal word, want hulle kan werklik ons sportmanne op voetsoolvlak bystaan.

Ek wil terugkom na die onderwerp van rassisme. Dit lyk partykeer asof party agb lede aan daardie kant dit glad nie kan verdra nie. Ons sal nie ophou om rassisme in hierdie Huis te bestry nie. Ek het pas omtrent 11 skole in my kiesafdeling besoek. Ek kan party van hulle opnoem: die Primre Skool Sir Lowryspas, Horskool Gordon, Primre Skool Danie Ackermann en Horskool Kanulethu. Nie een van hulle beskik oor enige hulpbronne hoegenaamd nie, veral nie sportterreine nie. Die kinders van hierdie skole moet in die strate speel as hulle aan sport wil deelneem.

Ek het ook ander skole besoek. Dit sluit die Primre Skool H Nortj in, ook in die Strand, Primre Skool Strand, Horskool Strand en Horskool Hottentots-Holland. Al hierdie skole het baie sportgeriewe, en hulle is toevallig blanke skole. Hulle is almal in die Somerset-Wes-omgewing.

As ons hierdie soort toedrag van sake het, dink ek nie dat ons kan ophou om in hierdie Huis oor rassisme te praat nie. Ons het skole soos Ncobo in Khayelitsha, waarvan sowat 10 leerlinge hierdie provinsie op nasionale en internasionale vlak sal verteenwoordig, maar hulle beskik nie oor fondse nie. Daar is talent in ons skole, waar ons kinders belofte inhou en beter kan vaar in sport, maar daar is hoegenaamd geen bystand ten opsigte van fondse nie. Ek wil daarom graag h dat die agb Minister kennis moet neem van wat ek so pas ges het.

Niks is nog oor vrouesport ges nie. 'n Mens kan nie net oor sport vir kinders praat en dan die ouers agterwe laat bly nie. 'n Mens sien in verskeie van ons townships dat slegs die kinders wat skool bywoon entoesiasties is oor sport en sportliggame wat in aksie is, maar daar is hoegenaamd geen aanmoediging nie. Daar is baie sportkodes wat ons glad nie in ons townships het nie. 'n Mens moet dit met blanke gebiede vergelyk.

Mnr die Voorsitter, dit is die sake waaroor die agb Minister swyg.

*Mnr A R WINDE: Mnr die Voorsitter, Suid-Afrika is 'n sportland. Bafana Bafana het in die onlangse Afrikanasies-Bekertoernooi in Ghana uitgeblink, die Proteas is besig om geskiedenis in Indi te maak en ons eie Stormers is besig om hul staal in die Super 12-kompetisie te wys.

Ons kan onsself uiters gelukkig ag om oor soveel sporthelde te beskik wat rolmodelle vir die jeug van ons land en ons provinsie is. Dink aan Ernie Els, Breyton Paulse, Paul Adams en ons opkomende jong swemster, Zaida Jardine van Mitchells Plain, wat op die ouderdom van 15 jaar reeds die land se voorste borsslagswemmer in haar ouderdomsgroep is en oorhoofs die derde plek in die ope kategorie beklee, net 'n paar sekondes agter die superster Penny Heyns.

Met geen fondse wat uit die onderwysbegroting aan skoolsport toegeken word nie en die beperkte hulpbronne wat in hierdie begroting beskikbaar is, is dit die jeug van ons provinsie wat uiteindelik sal ly. Sport hou ons gesond, leer ons dissipline en sportmanskap en skep gesonde mededingendheid. Sport help ook om maatskaplike en rassegrense af te breek.

Ons moet nie die rol van sport in die ontwikkeling van ons jeug vergeet nie. Tydens die SKOF-vergaderings het ons van die programme gehoor wat vir Projek Chrysalis beplan word. Ek prys die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning en die amptenare in sy departement vir hierdie inisiatiewe om die jeug van die strate af te hou, weg van bendebedrywighede en dwelms af.

Sport beteken nie net 'n span, 'n terrein en 'n bal nie. Dit sluit ook terreine soos duik, seiljagvaart, voetslaan, gimnastiek en dans in. Ons in die Wes-Kaap is trots op die talent en prestasies van ons jong opkomende baldansers en Latyns-Amerikaanse dansers.

Ek het die Primre Skool Willow in Heideveld onlangs besoek, waar ek baie bendruk was met die uitmuntendheid en toewyding van sowel leerders as onderwysers, wat 'n suksesvolle baldansspan en Latyns-Amerikaanse dansspan aan die gang gekry het. Hul top danser het verlede jaar internasionaal meegeding. Die kostuums is deur die onderwysers en ouers gemaak en die gemeenskap het die geld ingesamel vir hul reisrelings en onkoste. Die trots en toewyding van daardie mense is 'n voorbeeld vir ons almal. Miskien moet die agb Minister ernstig oorweging daaraan skenk om 'n belangrike danskampioenskap hier in Kaapstad aan te bied. Ons plaaslike sterre sal uitblink in 'n sport wat baie gewild is by die jeug van ons provinsie.

Groot somme geld word geskep en in die top kaders van baie sportdissiplines bestee. As 'n sokkerspeler van een span na 'n ander verskuif, verwissel miljoene rand van hande. As 'n gholfspeler die PGA wen, verwissel miljoene rand van hande. As die advertensieregte vir die Super 12 beding word, verwissel miljoene rand van hande.

Deur openbare-private vennootskappe moet ons in hierdie Provinsie verseker dat ons jeug elke geleentheid kry om uit te blink. 'n Persentasie van daardie miljoene rand wat van hande verwissel moet weggelei en bel word in 'n opleidingsprogram vir die jeug sodat hulle by ons sporthelde kan oorneem. Ons moet weet dat daar lewe na Allan Donald is.

Een van die sleuteluitsette in die Goue Boek is om sporttoerisme na hierdie provinsie te verhoog deur belangrike byeenkomste aan te bied. Een sodanige byeenkoms waartydens miljoene rand van hande sal verwissel, is geskeduleer om die stad hierdie naweek te tref. Ek verwys natuurlik na die 35 000 fietsryers van regoor die wreld wat reeds na Kaapstad stroom vir die grootste fietswedren in die wreld, die Argus Fietstoer, hoewel dit vanjaar 'n fietsompad is. [Gelag.]

Dit is hierdie fietsryers wat gaan help om geld vir die agb Minister van Vervoer en Werke in te samel om Chapmans Peak-rylaan te herstel. Hul toegangsgeld sal in die hande van die armstes onder die armes eindig deur die liefdadigheidsorganisasies wat deur die organiseerders van die wedren ondersteun word. Die kontantinspuiting vir die ekonomie van die Kaap is enorm. 'n Soortgelyke gebeurtenis is die komende Twee Oseane-maraton waar miljoene rand weer eens van hande sal verwissel.

Dit noop my om te vra of die agb Minister en sy departement enige rol gehad het om te vervul in die bemarking van die Provinsie Wes-Kaap vir die 2006 Wreldbeker-Sokkerbod en of ons gereed is om ons billike deel van die wedstryde aan te bied. Vandag kom 'n Fifa-span van ses lede in die land aan vir hul ondersoeke.

Ons moet die Kaap aktief bemark as 'n uitstaande plek vir sportbyeenkomste. Ons het reeds in 'n groter mate as enige ander provinsie die infrastruktuur en menslike hulpbronne en die natuurskoon en aantrekkingskrag om van die Kaap 'n wreldklas sportbestemming te maak.

*Die TYDELIKE VOORSITTER (Mnr C M Dugmore): Orde! Ek bedank die agb lid mnr Winde omdat hy die ompaaie vermy het.

*Mnr H A LEWIS: Mnr die Voorsitter, ek wil net noem dat Gary Kirsten ook 'n honderdtal in vanoggend se internasionale eendagwedstryd teen Indi aangeteken het.

Mnr die Voorsitter, laat my toe om drie edel sleuteluitsette van hierdie staatsdepartement te beklemtoon: ten eerste, om groter deelname aan sport en ontspanningsprogramme te verseker; ten tweede, om toeganklikheid tot sportgeriewe in die Wes-Kaap te verbeter; en, ten derde, om deelname aan skoolsport te verhoog.

Ons grootste kommer oor hierdie Begrotingspos is die moontlikheid dat dit uiteindelik kan gebeur dat ons bekwame personeel in hierdie departement het, wat nie in die posisie verkeer om die edel uitsette te verwesenlik wat ek pas gemeld het nie, om die eenvoudige rede dat daar nie genoeg geld is om dit te doen nie.

Die begroting wat aan sport toegeken is, kan ook die indruk skep dat ons die waarde van sport en die rol wat sport in ons stryd teen maatskaplike en gemeenskapsprobleme, misdaad en die kwessie van maatskaplike transformasie kan vervul, onderskat.

Met die bietjie geld wat aan die departement toeges word, moet 'n mens dus alle eer aan die departement gee vir wat hulle doen. Ek sal graag aan drie aspekte aandag wil skenk, naamlik skolesport, sporttoerisme en die kwessie van interne ouditering in die departement.

Ons hoop vir 'n spoedige uitklaring op nasionale vlak oor waar of onder wie skolesport behoort te ressorteer, onder Onderwys of onder Sport. Ek dink dit sal ons werklik help om skolesport tot sy reg te laat kom.

Ons wil ook die departement bedank vir die R100 000 per jaar wat aan skolesport toeges word deur middel van 'n toewysing aan die Verenigde Skolesportvereniging van Suid-Afrika, USSASA. Dit is belangrik dat geld nie net aan 'n liggaam toegewys sal word nie, maar dat moniteringsmeganismes ook ontwikkel sal word om vas te stel of di geld werklik beland waar dit moet beland, veral as 'n mens die doelwitte van toeganklikheid en sportgeriewe in ag neem wat ek vroer genoem het.

USSASA kies die spanne. My logika s vir my - ek het geen gronde waarop ek insinuasies kan maak nie - 'n kind wat in 'n skool is waar daar nie sportgeriewe is nie, of wat nie toegang daartoe het nie, het verskriklik min kans om in 'n skolespan opgeneem te word. Aan die ander kant s my logika ook vir my dat 'n kind wat in 'n skool is wat goed toegerus is en geriewe het, se kanse groter is om in 'n skolespan opgeneem te word. 'n Kind wat in s 'n skool is, is dikwels beter daartoe in staat om self die koste van sy sportsoort te dek.
Dit is goed om te s dat ons daardie geld vir USSASA gaan gee, maar dit sal ons help as ons moniteringsmeganismes in plek stel om vas te stel of die R100 000 op die ou end werklik die kinders bereik het wat ons wil help. Ek sal graag wil h die departement moet so 'n aksie aan die gang sit.

Ek wil ook die departement versoek om die hele kwessie van sporttoerisme voorop te stel. Benewens die natuurskoon van die Kaapse Skiereiland, wat doeltreffend aangewend kan word om sporttoerisme te bevorder, beskik ons in die Wes-Kaap oor wonderlike sportkomplekse. Sporttoerisme kan ook as 'n meganisme vir werkskepping en ekonomiese groei in die provinsie aangewend word.

Die laaste kwessie wat ek wil uitlig, is di van interne ouditering. Daar is so min geld in die departement dat omsigtig gekyk moet word hoe die geld aangewend word. Ons weet dat die departement bedrae aan organisasies in die gemeenskap gee om sport te bevorder, maar ons weet ook dat baie van daardie organisasies nie finansile state aan die departement voorsien nie. Hoewel dit min geld is, is dit belangrik dat ons sal toesien dat elke sent aangewend word vir die doel waarvoor dit bedoel is. Dit is veral belangrik by sport, waar ons reeds mank gaan aan genoeg fondse.

*Me K A MQULWANA: Me die Voorsitter, ek wil by my kollega aansluit deur die Departement van Sport en Ontspanning geluk te wens. Ons begryp dat die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning gedeeltelik gelewer het. Daar is ten minste 'n sakeplan. Die agb Minister in die Kantoor van die Premier kry al die bevoegdhede om jeugsake te hanteer, maar sy beskik nie oor 'n plan nie. Ek waardeer dit dat die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning 'n plan het.

Vandag herinner my aan die dag toe die voormalige President regdeur die wedstryd gesit het en daardie trui en die pet gedra het, op 24 Junie 1995. Ons onthou dit nog almal. Dit was toe ons rugbyspan die Wreldbeker gewen het.

Ek dink dat hierdie debat vir ons baie wesenlik is. Ons moet dit as 'n sleutelement in die bou van hierdie nasie beskou. Sport is een van die sleutelelemente in nasiebou. Daardie dag het mense van verskillende velkleur feesgevier omdat daar 'n verandering in hierdie land was.

Ek wil ook h dat die Huis hom met my moet vereenselwig met hulde aan mense wat hierdie land trots gemaak het vanwe hul talent in sport. "Baby Jake" Mathlala, Penny Heyns, Benni McCarthy; ek bring hulde aan hulle almal, want ons is vandag hier vanwe hul eie spesiale pogings.

Ek wil dit ook baie duidelik maak dat solank daar nog wanbalanse in die verskillende gebiede is, ons nooit sal ophou om oor rassisme en ongelykheid te praat nie.

Me die Voorsitter, as 'n mens na verskillende skole in verskillende gebiede gaan, as 'n mens na Rustenburg en Westerford stap, is daar 'n groot verskil tussen hulle en Sezeka in Guguletu en Silverstream in Manenberg. Daar is geen sportgeriewe by die laasgenoemde skole nie.

Daar is verskeie kere genoem dat die agb Minister deur middel van sy program moet verseker dat daar vordering in hierdie verband is. Ek, as 'n burger van hierdie land en hierdie provinsie, moet nie net 'n rolbalklub sien as ek na Groenpunt gaan nie. Ons bejaardes moet rolbalklubs in hul gebiede sien.

Sentrums vir gestremdes moet ook in daardie gebiede ontwikkel word.

'n AGB LID: Hulle word.

Me K A MQULWANA: Hulle word nie. As 'n mens na Guguletu gaan, kan jy nie bejaardes ... [Tussenwerpsels.] In elk geval, ek sal nie daarop kommentaar lewer nie. [Tussenwerpsels.]

Transformasie is die sleutel. Solank daar sportsoorte is wat nog nie in ons gebiede bevorder word nie, sal ons oor transformasie praat in hierdie Huis. Solank daar nog wanbalanse is, sal ons rassisme gereeld in hierdie Huis ophaal.

Ek wil daarom s dat ons vordering ten opsigte van transformasie moet kry. Ons kan nie hier kinders grootmaak terwyl daar nog wanbalanse is nie. Ons moet verseker dat daar geen verskil is tussen die geriewe in Groenpunt en di in Guguletu en Manenberg nie.

Ek is skaam daaroor dat niks oor jong mense in die agb Minister se verslag ges word nie. Die jeug in sport en vroue in sport is ook sake wat nie opgehaal word nie. Ek beveel aan dat daar 'n kwota ten opsigte van vroue moet wees om te verseker dat ons ook ons doelwitte bereik.

Ons moet kwotas h. Dit is waarom daardie agb lede hierdie punte verwerp; hulle het in die verlede die voordeel getrek en hulle geniet steeds die vrug vandag. [Tussenwerpsels.]

Ten slotte, me die Voorsitter, wil ek s dat solank daar geen vordering ten opsigte van sport in hierdie provinsie is nie, ons rassisme sal ophaal. As die party wat in nasiebou glo, beskou ons transformasie as 'n sleutelaspek.

*Mnr M LOUIS: Me die Voorsitter, ek neem graag deel aan hierdie debat. Ek dink ons het baie vordering gemaak met hierdie portefeulje en ek wil die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning se standpunte ten opsigte van dr Kane-Berman deel. Ek wil haar bedank vir wat sy vir die provinsie gedoen het in die tydperk wat sy hier was. Sy het 'n groot bydrae tot sport in hierdie provinsie gelewer. Ek hoop net dat sy nie een van daardie 10% is waarna die agb Minister verwys het, wat in 'n leunstoel sal sit en rustig haar aftrede geniet nie.

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Nentig persent is in die leunstoel.

*Mnr M LOUIS: Dit is reg - dit is 10% wat inderdaad deelneem. Ons moet nie 'n stoelsportnasie word nie; ons moet betrokke raak, en miskien sal sy deelneem aan een van daardie sportsoorte.

Me die Voorsitter, ek wil graag met die vorige spreker saamstem dat sport een van die grootste bydraende faktore tot nasiebou is. Ek hou van die oogmerk van hierdie departement in die heropbou van ontwikkeling in die Wes-Kaap, veral met die oog daarop om die lewe van die agtergeblewenes, vroue en gestremdes te verbeter. Ek dink werklik dat dit 'n edel en goeie oogmerk is wat ons kan nastreef.

Daar is drie terreine waaroor ek graag wil praat. Een saak is dat hierdie hele departement op ontwikkeling gerig moet wees. As 'n mens na die totale bedrag onder Program 4 kyk, sien jy dat 'n bedrag van R4,53 miljoen aan ontwikkeling gegee is. Van hierdie R4,53 miljoen gaan 'n bedrag van R1,651 miljoen aan personeel en slegs R1,515 miljoen aan ontwikkeling. Ek dink dat hierdie verhouding onregverdig is. 'n Program soos hierdie een moet nie soveel aan personeel bestee nie. Ek dink 'n mens moet na hierdie soort verhouding kyk, veral as 'n mens op ontwikkeling wil konsentreer. Dit moet spesifiek gedoen word as deel van die program vir 2000-01, naamlik om twee internasionale en vyf nasionale sportbyeenkomste aan te bied. Met respek, hoe gaan ons twee internasionale en vyf nasionale sportbyeenkomste aanbied met R1,5 miljoen, en dan nog ondersteuning van 80 sportkodes gee? Die agb Minister het vandag 60 genoem, maar die Goue Boek verwys na 80 kodes. Hoe sal ons prestasie, leierskap en administratiewe bevoegdheid uitbou? Dit lyk asof 'n klomp geld op hierdie terreine nodig is.

Ek wil graag konsentreer op die kwessie van die bevordering van sporttoerisme en die uitbou van internasionale sportbetrekkinge, veral met die agb Premier se klem op regionalisasie. Ek dink ons moet hieruit munt slaan en ons moet begin kyk na hoe ons die Europese winters in die Suid-Afrikaanse somer kan benut, sodat party van die Europese atlete tydens ons somers hier kan kom oefen.

Wat sou die voordele daarvan wees om dit in ons regionalisasie of afparing in te sluit? Party van die voordele is 'n oordrag van kundigheid en vaardighede aan plaaslike afrigters en om deelname in die hand te werk, vanwe die aantrekkingskrag van die afrigter; 'n mens sou Beckham byvoorbeeld kon kry om ons as 'n sokkerafrigter te kom besoek.

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Eerder sy vrou! [Gelag.]

*Mnr M LOUIS: 'n Derde voorbeeld sou die smee van internasionale sportbetrekkinge wees en die vierde voordeel kan selfs wees om internasionale private klubs te kry om plaaslike klubs vir afrigters te koop.

Ek wil ook graag die agb Minister s dat ons nie die kaliber van ons plaaslike talent, met mense soos Clive Rice, Vince van der Bijl, Gary Bailey, Lucas Radebe en diesulkes in gedagte, moet onderskat wanneer dit by afrigting kom nie.

Nog 'n kwessie waarop ek wil konsentreer, is bemarking. Daar is nie vandag veel in die debat ges nie. Ek verstaan wel dat daar 'n voorneme is om 'n sporttydskrif, sportbemarkingstrategie en selfs 'n ontspanningstrust te ontwikkel. Dit is alles baie edel idees en ons sou werklik graag wou sien dat dit in hierdie jaar verwesenlik word. Ons is bly om te verneem dat die Wes-Kaapse Sport Akademie heringestel is.

Ons sien daarna uit om die agb Minister in hierdie spesifieke Begrotingspos te ondersteun.

*Mnr E ISAACS: Me die Voorsitter, dit is vir my baie aangenaam om 'n paar woorde in die debat oor die Begrotingspos rakende Sport en Ontspanning te s.

Dit is vir my aangenaam om te sien dat die Athlone Stadion sokkerprojek aan die gang is en glad verloop. Ek is seker daarvan dat 'n betekenisvolle deel van hierdie oefening die gevolg is van die bydrae van die Direktoraat: Sport en Ontspanning wat hierdie projek aangedryf het. Dit is inderdaad bemoedigend om te merk dat die provinsie oor twee boekjare R8 miljoen kry om te verseker dat ons mense 'n goeie gerief het waarin die sport wat hulle ken en lief het, kan beoefen. Vir dit alles wil ek graag die agb Minister en sy departement bedank. Sportlui, sokkerspelers en gemeenskappe is dankbaar vir sy pogings in hierdie verband.

Ons staan inderdaad voor 'n paar betekenisvolle dae met die besoek van die Fifa-afvaardiging aan ons streek om na ons tegniese gereedheid te kyk om die grootste skouspel van sokker, die Wreldbeker, aan te bied. As ons daarin slaag om die bod vir die 2006 Sokker Wreldbeker te wen, sal dit ongetwyfeld 'n belangrike inspuiting vir die sport- en ekonomiese dele van die provinsie en Suid-Afrika as geheel beteken. Hierdie soort gesindheid wat ons die nuwe era kragtig kan laat binnetree, moet deur almal verwelkom word. Ek wil die agb Minister voorspoed toewens met sy onderhandelinge in hierdie verband. Die Kabinet van hierdie provinsie het die sokkerbod ondersteun, en ek doen 'n beroep op die Huis om dieselfde te doen.

Ek wil graag 'n bietjie konsentreer op die kwessie van skolesport. Ek wil beklemtoon dat indien ons nie dringend aandag gee aan die terrein van sportontwikkeling nie, ons nie in staat sal wees om kampioene vir die toekoms te kweek en 'n beter toekoms vir al ons mense te verseker nie.

Dit is my oorwo mening dat die WKOD die konsep van liggaamsopvoeding en skolesport baie energiek moet bevorder. Ek is daarvan bewus dat die Direktoraat: Sport en Ontspanning betrokke is by pogings om 'n beleid oor die kwessie van skolesport te kordineer en dat hulle 'n bedrag van R100 000 per jaar aan die Verenigde Skoolsportvereniging van Suid-Afrika, USSASA, beskikbaar gestel het, wat verantwoordelik is vir die kordinasie van skoolsportligas en -kompetisies. Dit is lofwaardig en ons moet aanhou met die goeie werk met die beperkte hulpbronne wat Sport en Ontspanning tot sy beskikking het.

Ek glo egter dat Onderwys baie meer kan doen en dat hulle hulself daartoe moet verbind om hierdie leergebied te prioritiseer. Dit is 'n uitdaging wat ek graag vandag aan ons opvoeders wil rig. Ek is seker daarvan dat hierdie sake bevredigend ontwikkel kan word tot voordeel van alle rolspelers, veral die jong kinders wat per slot van rekening ons hoop en ons drome vir die toekoms dra.

Toe ek die planne van sport en rekreasie bestudeer het, het ek gemerk dat hulle vir 'n driejaar MTEF-tydperk op die ontwikkeling van landelike geriewe sal konsentreer. Dit moet verwelkom word, want ons geriewe in die arm landelike gemeenskappe is inderdaad karig en ontoereikend. Ek vertrou dat meer fondse in die toekoms in hierdie rigting gestuur sal word.

Ten laaste wil ek die agb Minister en sy departement bedank vir die werk wat hulle op die terrein van sport- en misdaadvoorkomingsprojekte verrig. Ek is daarvan bewus dat die Gemeenskapspele, Somerspele en die Winterspele Ontspanningsprojek en die Veilige Hawensprojek letterlik duisende jeugdiges tydens naweke en gedurende skoolvakansies aangelok het. Ons kinders word sinvol besig gehou en ontwikkel.

Om een voorbeeld te noem, 'n vlugbalkliniek in die Khayelitsha-omgewing, wat tydens die Desember-skoolvakansie deur die agb Minister se departement gerel is, het meer as 600 kinders gelok. Dit wys aan ons dat daar 'n behoefte aan sportontwikkeling is. Die agb Minister en sy departement verdien lof omdat hulle in party van hierdie behoeftes voorsien het.

Die ontwikkeling van ons jong mense moet holisties benader word. Sonder sport en ontspanning sal jeugdiges nie gesonde lewenstyle aankweek nie en sal hulle by allerlei antisosiale bedrywighede betrokke raak. Ek doen derhalwe 'n beroep op hierdie Huis om die oogmerke en visie van ons sport- en ontspanningstak te ondersteun. Ek prys hulle vir die werk wat hulle doen en versoek alle agb lede van die Huis om hul pogings te ondersteun.

Mnr M L FRANSMAN: Me die Voorsitter, ek wil ter aanvang namens die ANC die Departement van Sport en Ontspanning bedank. Ek wil spesifiek vir dr Kane-Berman bedank vir die rol wat sy in Sport gespeel het, en haar sterkte toewens waar sy ook al mag gaan.

Me die Voorsitter, ek wil aansluit by wat die agb lid mnr E Isaacs so pas oor sokker ges het. Noudat Suid-Afrika besoek word om te bepaal of ons wel in die jaar 2006 die Wreldbeker-sokkertoernooi hier kan aanbied, besef ek dat ons in die Wes-Kaap nie eens 'n goeie sokkerveld het nie. [Tussenwerpsels.] Die vraag is: waarom nie? Die nuusblaaie s ook nie veel daaroor nie. Is dit omdat sokker steeds beskou word as 'n sport net vir swartmense? Waarom moet die mense in Guguletu en Soweto in die paaie hardloop en bly wees as die Springbok Rugbyspan goed vaar?

Dit is teleurstellend dat privatisering in die munisipaliteite plaasvind en plaasgevind het. Op Vredendal, byvoorbeeld, was daar genoeg sportgronde en sportgeriewe, en so ook op Citrusdal. Voor die 1995-verkiesing is dit egter geprivatiseer en in wit hande geplaas. [Tussenwerpsels.] Nou word daar versoek dat ons verder klem op ontwikkeling en infrastruktuur moet plaas. Waarom het hulle as die NP dit nie in die hande van die gemeenskappe gelaat nie?

Me die Voorsitter, ons het vir te lank gesien dat sport en ontspanning 'n "add-on" is; dat dit as iets bykomends bespreek word. As ons strategies te werk gegaan het en die plan in plek begin plaas het, sou dinge anders daar uitgesien het. Ek dink wat kortkom is die politieke wil en die regte houding om dit tot uitvoering te bring.

Die departement en die Regering behoort strategies ondersoek in te stel na die fokus van sportontwikkeling met betrekking tot armoedeverligting en misdaadvoorkoming, en noodwendig moet die sosio-ekonomiese omstandighede van die gemeenskap van die Wes-Kaap in aanmerking geneem word.

Dit is jammer dat ons verlede week weer eens die harde werklikhede van rassisme binne sportverband ervaar het. In di verband het ons met die situasie te kampe dat wanneer die afrigters bruin of swart is, die spanne beskou word as nie meer goed genoeg nie. John Commins het ges, en ek haal aan:

The coaching this season has been the worst I've come across. There has been no guidance whatsoever.

En -
If the Western Province wants to get out of the hole, that is where they must look at - the coaching.

Hy gaan voort:

	If you bring in affirmative action players, they can get looked after in the team. But when your leaders are in the same boat, then you are barking up the wrong tree.

Wat hy eintlik s, is dat as 'n swart speler in die span opgeneem word, kan die wit spelers nog na hom omsien. Daardie paternalistiese houding kom weer op die voorgrond, dat bruin- en swartmense niks kan doen nie. [Tussenwerpsels.]

John Commins gaan verder deur afrigter Barnes aan te val. Afrigter Barnes is 'n man wat sy voete gevind het in sport; 'n individu wat baie spanne afgerig het, wat op groot bane gewerk het en verseker het dat hy in die proses ander mense ontwikkel, maar die aanval is op hom gerig. Ek haal aan:

	Yes, the blame is definitely put on Barnes as the coach.

*Dit kan sekerlik nie wees omdat mnr Barnes nie oor die kundigheid beskik nie. Per slot van rekening, soos ek so pas ges het, was hy 'n uitstekende speler en 'n uitstekende afrigter met 'n goeie rekord. Dit het natuurlik te doen met die feit dat mnr Barnes nie blank is nie. Dit is niks anders nie as die soort rassisme wat nie net in sport hoogty vier nie, maar ook in hierdie Huis ... [Tussenwerpsels.] ... en in hierdie Regering. [Tyd verstreke.]

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Me die Voorsitter, ten eerste wil ek graag al die agb lede vir hul bydraes bedank, selfs vir party van die meer negatiewe opmerkings. Hoe dit ook al sy, dit was bydraes en oor die algemeen het ek die indruk gekry dat die departement ondersteun word in sy werksaamhede. Die Huis het ons versekering dat ons skouer aan die wiel sal sit om te verseker dat dit ten volle ten uitvoer gebring word. Daarmee bedoel ek ook nie dat dit permanent uit die samelewing verwyder sal word nie. [Gelag.] Miskien moet ek 'n verklaring uitreik by alles wat ek hier s.

Ten eerste, wat die agb lid mnr Stali se bydrae oor die geriewe-oudit betref, vestig ek sy aandag op my toespraak, waarin ek ges het dat ons met 'n geriewe-oudit besig is en dat ons oor 'n databasis van geriewe beskik. 'n Afskrif van my toespraak is in die stapel dokumente voor hom. Die kwessie van waar die geriewe gele is moet natuurlik aandag geniet, maar die agb lid kan begryp dat die oorgrote meerderheid van sportgeriewe deur plaaslike owerhede gebou word. Die verskaffing van ontspannings- en sportgeriewe is hoofsaaklik hul verantwoordelikheid. Ons maak 'n bydrae waar ons kan, maar dit is uiters beperk. Die R600 000 wat ons aan landelike sportgeriewe gegee het, is bloot aanvullend tot die munisipaliteite se daarstelling van die basiese infrastruktuur. Hy sal begryp dat ons slegs 'n geringe bydrae kan maak met die begroting wat ons het.

Dieselfde geld vir internasionale sportbyeenkomste, 'n saak wat deur die agb lid mnr Louis opgehaal is. As ons s dat ons dit wil aanbied, is dit miskien 'n verkeerde uitdrukking. Ons maak 'n bydrae ten opsigte van die oorhoofse koste om mense aan te moedig om die byeenkoms hierheen te bring. Vir elke R1 wat ons insit, kry ons waarskynlik R50 in ekonomiese omset terug. Ek dink dat dit 'n goeie ruiltransaksie is.

Sowel die agb lede mnre E Isaacs as Stali het aandag gegee aan skolesport, en een of twee ander sprekers het ook daarna verwys. Soos ek wel in die Huis genoem het, ons is proaktief in hierdie verband. Ons neem die leiding deur te probeer om die drie belangrikste rolspelers in skolesport te kordineer om te kyk of ons nie tot 'n werkbare ooreenkoms in hierdie verband kan kom nie. Terselfdertyd het ons onderneem om teen Junie vanjaar 'n beleid vir bespreking saam te stel. Ons neem dit inderdaad uiters ernstig op, en ons sou graag wou sien dat iets konkreets hieruit voortspruit.
Die agb lid mnr Stali het na Vigs verwys en gevra of top sportlui nie kan uitkom en help om die boodskap as 'n afskrikmiddel te versprei nie. Hy is korrek; ons kan dit doen. Ons het in die ontspanningsprogram vir jeugkampe R10 000 begroot en Vigs-bewussyn is 'n integrale deel van daardie kampe. Ja, ons sal poog om sterre met groot name hierheen te bring, maar ek moet die agb lid inlig dat baie van ons bekende sterre, behalwe diegene met 'n sterk liefdadigheidsgesindheid, nogal 'n groot klomp geld vooraf wil h. Dit verg partykeer baie taai onderhandelings om hulle hier te kry. Hulle het ook baie druk deelnameprogramme wat hulle daarvan kan weerhou om te kom. Dit is egter 'n goeie punt en ons sal daarop ingaan.

Die agb lid het ook na streekkantore verwys. 'n Werkstudieverslag word tans voltooi. Ons het reeds kantore in die Suidwestelike Distrikte/Oudtshoorn-omgewing geopen en ons is van plan om verdere kantore in die Boland- en Weskus-streke te open.

Hy het ook gevra wat ons ten opsigte van volwasse deelname doen. Die agb lid is heeltemal korrek. Ons moet egter eers by Jerusalem begin. Aan watter sportsoort neem die agb lid deel? [Tussenwerpsels.] Aan watter sportsoort neem ek deel? Ek het twee weke gelede deelgeneem aan die Wreldkampioenskap vir Bagatel.

Moenie oor my bekommerd wees nie; die punt is dat ons by Jerusalem moet begin. Te veel van ons rook en te veel van ons het 'n onaktiewe lewenstyl. Ons eet nie behoorlik nie en ons neem nie aan sport deel nie. Die minste wat ons almal kan doen, is om op 'n gereelde grondslag op die berg rond te loop. Dit is 'n baie goeie manier om sport te beoefen. Swem is nog 'n goeie manier, sonder om druk op die liggaam uit te oefen. [Tussenwerpsels.] Nee, luister na wat ek s. Dit is 'n lae-impak aktiwiteit. As agb lede nie behoorlik kan swem nie en wil leer hoe om te swem, sal ek rel vir sweminstrukteurs by die Langstraat Baddens. Agb lede hoef nie soos 'n vis of soos Penny Heyns te kan swem nie. Ons kan aan hulle 'n paar swemvinne gee en hulle kan swemvlerkies dra; dit is die beste kardiovaskulre aktiwiteit, met lae skokvlakke en is beseringsvry. Ons kan dit vir agb lede rel.

Die agb lid mnr Stali het ook na vroue in sport verwys, en die agb lid me Mqulwana het dit ook gedoen. Ek dink ons is die enigste Provinsie wat gesorg het vir ... [Tussenwerpsels.] Nee, nie vroue in sport nie. Die agb lid moet nou ontspan. [Gelag.] Ek dink ons is die enigste Provinsie wat betrokke geraak het by 'n organisasie genaamd Wassa, wat vroue in sport verteenwoordig. Ek dink hulle dien in die NSC. Ons borg hulle. Ons gee geld aan hulle. Ons maak 'n bydrae van R25 000 per jaar aan Wassa. Deelname is 'n vrywillige aspek, en dit is 'n kwessie van die perd en die water. As mense hulself nie beskikbaar wil stel vir sport nie, kan jy hulle nie dwing om dit te doen nie.

'n AGB LID: En gestremdes?
Die MINISTER: Ek dink ons gee R100 000 aan gestremdes; ek praat onder korreksie, maar ek dink ons jaarlikse bydrae is R100 000. [Tussenwerpsels.]

Die agb lid mnr Winde het gepraat oor die finansiering van organisasies soos die Wes-Kaapse Baldansvereniging. Hy is heeltemal reg. Ons ondersteun inderdaad die Wes-Kaapse Dansvereniging; hulle het 'n sakeplan voorgel. As hulle ons nader met 'n spesifieke projekvoorstel, kan ons hierdie organisasies aanmoedig ... [Tussenwerpsels.]

Me die Voorsitter, ek weet dit is baie vervelig en dit is laat in die middag. Ons is al verby 17:00 en die vliegtuig is reeds hier oor, maar as agb lede na die antwoord luister, sal ek so gou maak as wat ek kan en hulle sal nie volgende keer die vrae in herhaling hoef te vra nie.

As die Wes-Kaapse Baldansvereniging ons met 'n begrote voorstel nader, sal ons dit sekerlik oorweeg.

Die agb lede mnre Winde en E Isaacs het die kwessie van die 2006-sokkerbod opgehaal. Ons is baie nou betrokke by die voorlegging. Ek kon nie die klagte ten opsigte van sokker verstaan wat van die agb lid mnr Fransman gekom het nie. In my toespraak het ek pas die Huis meegedeel dat ons R8 miljoen vir die opgradering van Athlone Stadion gee om dit in ooreenstemming met internasionale vereistes te bring. Wat die 2006-sokkerbod betref, het ons 'n oorvloed van geriewe wat gebruik kan word. Ons sal die Nuweland Rugbystadion gebruik, wat reeds deur die Fifa-afvaardiging beoordeel is, vir een van die rondomtalieterreine, sowel as miskien die halfeindrondte, indien ons so ver kom. Daar sal ook vier oefenterreine wees, waarvan Athlone een is, en ek dink daar is terreine in die Strand, Groenpunt en Stellenbosch. Die ander een ontgaan my op die oomblik. Ons is wesenlik betrokke by die bod, en as Fifa volgende week hierheen kom, sal ons hulle verwelkom en as gasheer vir hulle optree. [Tussenwerpsels.] Nee, ek hou my nie met foefies op nie.

Die agb lid mnr Lewis het na oordragbetalings aan USSASA verwys en hy is heeltemal korrek; hulle moet gemoniteer word. Soos enige organisasie wat staatsfondse ontvang, moet hulle gemoniteer word. Hulle moet ook behoorlike sakeplanne voorl. As die agb lid van enige kodes weet wat nie sakeplanne voorl nie maar geld van ons ontvang, moet hy dit onder my aandag bring. Ek sal dit met die departement opneem, want ek wil graag weet dat hierdie organisasies wel sakeplanne voorl en verantwoording doen van die fondse wat hulle ontvang.

Ons het spesifieke befondsingsmaatstawwe; 50% van die fondse wat ons ontvang, moet aan ontwikkeling gaan. Ek dink dat slegs 10% of 15% aan administrasie gaan en die res gaan aan die baie algemene sport.

Die agb lid me Mqulwana het oor skoolsportgeriewe gepraat. Ek moet dit net onder haar aandag bring dat skoolsportgeriewe die eiendom van die betrokke departement is. Dit ges, baie van die skole beskik nie oor toereikende geriewe nie, veral in die agtergeblewe en ander gebiede waar daar 'n massa instroming van mense was en waar hulle oor 'n kort tydperk infrastruktuur moes skep. Wat hulle nie verskaf het nie, was voldoende groen gebiede en toereikende skoolsportgeriewe. Daar is egter baie skole wat oor toereikende geriewe beskik, maar dit verkeer in 'n skandalige toestand.

Baie is ges oor voormalige Model C-skole of blanke skole, of wat dit ook al genoem is. Weet agb lede hoeveel geld daardie ouers betaal vir terreinpersoneel om daardie velde in stand te hou? Waar hulle nie geld vir terreinpersoneel betaal nie, doen die ouers dit self. Hulle installeer besproeiing ... [Tussenwerpsels.] Kom ons probeer om 'n oplossing vir die probleem te vind.

*Mnr M OZINSKY: Verkoop staatseiendom om dit te finansier. [Tussenwerpsels.]

*Die MINISTER: Dit is heeltemal reg, maar dit het slegs in 'n paar gevalle gebeur en dit was baie beperk. Hoe dit egter ook al sy, ek wil die agb lid mnr Ozinsky inlig dat die feit van die saak is dat die Staat nie alles kan verskaf nie. Die gemeenskap moet ook iets verskaf. Agb lede moet asseblief beheerliggame en ouerliggame in hul verantwoordelikheidsgebiede aanmoedig om betrokke te raak en om roosters op te stel om die velde te gaan natlei. Dit verg slegs 'n uur of twee per dag om dit te doen, en daar is baie mense wat bereid is om dit te doen. As hulle my sou nader, en ek is seker ook die agb Minister van Onderwys, en s dat hulle 'n bietjie geld nodig het om die OOV van 'n spesifieke omgewing te vergoed vir die natlei van die velde, en hulle wil nie 'n buitensporige bedrag h nie, maar is bereid om dit slegs vir geringe vergoeding te doen, sal ons beslis die finansiering van so 'n projekvoorstel oorweeg.

*Mnr M OZINSKY: Pype, asseblief, waterpype!

*Die MINISTER: Dit ressorteer onder die Departement van Werke, maar ons sal kyk wat ons kan doen. Die belangrike saak is dat ons by Jerusalem moet begin. Hulle moet ook hul entoesiasme vertoon.

Die agb lid mnr Louis was heeltemal reg ten opsigte van die befondsing. Hy het een program geneem. Daar is nog R2,5 miljoen wat uit ons bedryfsbegroting vir gemeenskapspele en byeenkomste soos daardie kom, en dit is nie aan die kodes as sodanig toegewys nie. Hoewel hy die een program geneem het waar daar min of meer 'n 50%-verdeling is, is daar ander programme wat inderdaad die bydrae tot sportdeelname wesenlik verhoog. Om die waarheid te s, op die hele begroting het ons 'n personeelbesteding van slegs 22,95%. Daarvan gaan 0,95% aan die personeel en 22% aan my. Dit was 'n grappie!

Mnr die Voorsitter, tensy enigiemand anders 'n vraag wil stel, is ek min of meer klaar.

Debat afgesluit.

HUIS HERVAT:

Voortgang gerapporteer.

Die Huis verdaag om 17:38 tot Vrydag, 10 Maart 2000 om 10:00.


1208	DONDERDAG, 9 MAART 2000



	DONDERDAG, 9 MAART 2000	1209



	DONDERDAG, 9 MAART 2000	1155


